Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

vrijdag, december 01, 2006

'n Perfekte dag

Ek noem dit ' 'n perfekte dag' want dis nie noodwendig 'die' perfekte dag nie- ekstroverties gevul met mense, parties en gesprekke- maar dit was 'n vol dag gevul met dinge wat my tevrede gestel het.

Ek was die oggend vroeg Baarn toe. So 10min van Bilthoven.



Ek het 'n spesiale trein kaartjie, Kortingskaart, omdat ek baie treinry. maar die is slegs geldig buite oggendspitstye. Met die dat ek my eerste gesprek met 'n treinkonditeur gehad het. gelukkig sit ek met 'n kaart op my skoot en vra 'ekskuus' in plaas van 'pardon'. ek is vergewe sonder 'n boete, maar moes by die volgende stasie uitklim en wag tot na 9h00 as spitstyd om is. Ek jok, ek was al voorheen voorgekeer toe ek onwetend in eersteklas sit i.p.v 2de.

In Baarn het ek 'n voorsmakie van 'n taalkursus gehad. Ons is 7 au pairs - van Poland, Yoguslawie, Swede ens. Ons sing liedjies en leer grammatika ens. ek sal by die gevorderde kursus inval. Sien baie uit. Daar is een Sweedse meisie, Sofia, met wie ek goeie vriendinne kan raak.
Ek is toe Hilversum toe - moderne dorp met selfs 'n Mac rekenaar shop. ek het 'n digitale kamera gekoop so berei julle voor op 'n visuele sensasie.

Ek was gistraand by 'n strykkwartet uitvoering by die Walter Maashuis. Dis 'n huiskonsert kamer en saam met die musikante was ek weer 40 jaar jonger as die gehoor. Hulle het Mendelsohn en Haydn gespeel. dit was fenominaal en heerlik om weer in 'n konsert te sit. Die groep se naam is Matangi kwartet. Het my sommer geinspireer om weer te komponeer en myself te verdiep in interpetasie.



Wat die dag so perfek afgerond het, was my laaste fietsry vanaf die konsert om 22h00, in die koue na my huis wat gerieflik 2 strate weg was. die hele dag was mistig en werklik vir die eerstekeer koud.
Ek voel tuis, tevrede en geinspireerd.

3 opmerkingen:

Adam zei

Wow. Cool post. Ek voel ook sommer geinspireerd.

Herman van Veen sing van Hilversum.

Ek beny jou. Maar ek is bly jy geniet dit.

Henno zei

Hey Lize, ek is nou... of nou eers met jou.

Ek het bietjie opgevang met die vorige dae, en ek moet sê: Dit klink wonderlik lekker.

Dit is vir my 'n vreugde om te hoor hoe jy dinge aanpak, beleef en geniet.

Mooi bly.

Retha zei

Lize! Ek onthou die fietsry toe ek 'n Au Pair was!! Dis stunning om die vrymoedigheid en geleentheid te he om sulke goed te kan doen daardie tyd van die nag is dit nie! So baie herinneringe, ek wil my dagboek gaan soek en sal vir jou aanstuur. Liefde vriendin