Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, maart 19, 2007

Arnhem


Dis hier in Arnhem waar ek in 2001 besluit het om eendag terug te kom na Nederland. Die koorkompetisie het hier plaasgevind en ek onthou so goed hoe al die kore deur die strate geparadeer het as deel van die koorfees.
Om nou weer deur die strate was so aardig. Ek besef nou hoe ander ek dinge nou sien. Ons het so rondgeskarrel in die vreemde stad toe, en nou is ek al so gewoont aan die Nederlandse maniere, die vreemde strate, uitlegte en die belangrikste- hoe om myself te positioneer.

Hier kon ek weer voel dat ek effens meer volwasse is.
Koorvriende bring hierdie fotos herrinneringe? Die plein waar die opening was (dis eintlik 'n parkeerarea. die 'obvious choice' McD, die groot kerk waar Prof vd Sandt ons verduidelik hoe klokkespel werk. Mooi herrinneringe.

Wat ek nou van Arnhem maak, is dat dit baie soos wat ek San Fransisco voorstel. Ook hier is Nederland nie meer plat nie hoor. Net buite die sentrum is die woonbuurte en die groot Park Sonnebeek. Ek het amper die hele middag hierin rondgeloop. Dis ongelooflik om skielik uit 'n bos te kom en op 'n 'estate' kasteel af te kom.



Shakira was in Arnhem die dag, so baie kuierplekke het afterparties vir Shakira-fans gehad. Ek het belsuit om na die Filmhuis te gaan en het Babel daar gesien. Dit het die oscar vir beste film musiek gekry.

Arnhem, is nie meer vir my so 'charming' plekkie nie. Dis nou 'n rustige Nederlandse stad met kuns, kultuur en besighede. Ek mis skielik die 'eksentrieke'.

vrijdag, maart 16, 2007

Haarlem

Ek wil omtrent in elke dorpie in Nederland bly. Daar is iets aanlokliks aan klein woonstraatjies met klein beknopte huisies met ‘n fiets geparkeer voor die deur.

Haarlem is ‘n pragtige stad. Dis grooter as Gouda, maar ek sal sê mooier. Ek loop altyd tussen die woonbuurte en kyk in mense se huise in (niemand het mos gordyne nie). Dis amazing om die standard eetkamertafel met ‘n laptop, koerant en vrugtebak te sien. Al die huisies in silverskoon en meestal so mooi gedekoreer. Ons het tussen die huisies – op klein ‘gemeenskaplike’ areas afgekom - sulke skielike pleintjies - dan sien jy kinders speel of die bure almal ontmoet in die klein pub op die hoek. James Morrison se treffer blêr ook vanuit ‘n jongen se kamer terwyl hy sy sondag ‘ spring cleaning’ doen.


Dit raak nou lente en bloeisels is ooral te sien. Die dae is helder en voëltjies sing kliphard.

Om die Grote kerk plein is daar lekker staatkafees en ons het vinnig om 6uur vir ‘n live jazz session gegaan in een van die pubs. Ek kry spaanse wyn en ons deel sommer ‘n tafel met ander ou Haarlemers. Ons was eers beskeie en soek ‘n privaat tafel, maar toe lag die locals en sê ons moet by hulle sit – hier is dinge mos gezellig.

vrijdag, maart 09, 2007

Gouda


Dis hoe 'n klein tradisionele Nederlandse dorpie lyk. 'n Mark, 'n kerk, 'n gracht en fietse. Op 'n Donderdag en Saterdag is daar rondom die Stadshuis 'n boeremark. Kaas, vrugte, 'imports' en gebak. Vir baie mense is dit die enigste rede om Gouda toe te kom. Ook natuurlik die fenominale Janskerk met haar 37 loodglasvensters.

Maar ek dwaal graag tussen die huisies rond. Ek se dan na elke straatjie:'ek wil ook so huisie he, of in so straatjie woon'. Kyk net hoe oulik en knus. Het mense wat in so straatjie bly, nie net 'n ander perspektief op die lewe nie?

In watter tipe huisie sal ek eendag eindig?

Amsterdam