Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

dinsdag, augustus 21, 2007

Nuwe konsep - mijn wortelland

Dis somervakansie in Nederland en die ou landje is leeg, want die Nederlandser reis. Ek het my Franse toer skielik verander na 'n vlugtige Suid-Afrikaanse toer. Die KLM-vlugte vanuit Nederland was stampvol, want 'n safari in Afrika is verseker een van die topplanne aan die kant. My motivering: ek kom gou huis toe. Maar voor ek terugvlieg moes ek vir oulaas 'n kulturele gebeurtenis in Utrecht bywoon. Dit was PARADE tyd.
Die Parade is 'n mobiele teaterfees gekleed as a 'funfare'. Daar is hordes teaters opgerig, produksies vir oud en jonk, cocktail areas, poffertjes bakkerij, mallemeules ens. Een spesifieke stalletjie het my veral laat gil van kreatiewe-satisfaksie - die 'silent disco'. Dis lykmy 'n wêreldfenomeen (http://www.silentdisco.com/) waar jy oorfone op sit en dan saam met mense disco. My kindertjies het dit gaan doen en dit was net SUPER om te sien. Omgewingsvriendelik, vermaaklik en net eenvoudig slim. Die twee obskure DJ's is veral die kersie op die koek.
Die volgende dag is ek op die oggendvlug na Suid-Afrika. Wat kon ek verwag na 9 maande? My liefste gesinnetjie, nog dieselfde. Ek het 'n vooropgestelde agenda gehad, want my tyd was min en my kop bietjie los van my lyf. Dinge wat vir my besonders was:
- inkruip by ma in die oggend
- musiek luister met pa
- stories-luister by ouma
- my sus se 'crib' sien en haar hond, Mika, te ontmoet
- naweek by Yolandi in Johannesburg
- baie etes, koffies en gin en tonics met vriende
Carlien uit die bos sien
-ek maak kos vir my ouers
- uit-eet soos in die ou-dae met ouers
- vriende se laat-nag stories luister
- Retha en Danie se baba Lara sien
- musiekmaak met ou bekendes
- koorkonsert in die Musaion
- skinnerstories en deurmekaarstories
- Sunday Times oggende
- Jane Austen fliek by Nouveau op Vrouedag
- Troue-geselsies
- ou bande weer smee















In 'n neutedop dink ek dit was dit. Ek het teruggery lughawe toe in stilte - is ek bly of hartseer. Ek sit op my BAA vlug en sien my persoonlike entertainment system en ek besef - nee, wat ek is bly om weer te vlieg. VOORT MET DIE REIS!

Ek land lekker vroeg in Londen. Goeie ou Boeta (Christiaan) kom haal my en dadelik is dit babbel en bekkie.



My hoogtepunte:

- Tate Modern
- ronddwaal in Londen City (verby die Deutsche Bank sfeer)
- Bedroom Bar kuier (Kaapstad clan, Menlo clan, Koshuis clan, en Werner de Waal)
- Sien Renier Bosman (die dude langs wie ek van Gr2 al af in elke klas langs land)
- Sien Erika Beneke en haar en Rich pragtige grondvloerwoning met 'n kat, keyboard, kitare, cds... etc
- Engelse oggend met die Wilsons (KM en Bruce) in Hampstead gardens. Super super super.
- St Pauls katerdraal met 'n koor wat vir Evening song oefen
- Freshlyground live konsert met al die res van Suid-Afrika in Londen
- Greenwich gardens piekniek met Boeta en die internasionale groep - kontroversieel
- Vlooimark Maandag met Erika in Camden Town
- Drink laaste glas wyn by oudste Winebar in Londen naby Embankment- Hoera!!!





Sal ek in Londen kan kom bly?
Toe ek op Schipol land en weer in my eie Nederlandse trein ry weet ek :' Hier is ek nou bly om weer terug te wees'
Die eerste week moes ek weer aanpas - stryk,was,kinders,kamers en koor. Maar toe ek op 'n Saterdagmiddag rustig in 'n bos/veld/wandelarea so 5 min van my af gaan ontspan en daar kom skielik 'n swart perd sy neus in my hare steek - toe weet ek ek wil hierdie dae in Nederland vir NIKS ruil nie.

Ek is op 3 September weer student - internasionale student!

ps- net gou oor die perde - ja, hulle loop so wild rond. Super sosiaal hoor, hulle volg jou om gestreel te word. Ken 'n Pretorianer so 'n omgewin