Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

zaterdag, januari 06, 2007

2007

There are no seven wonder of the world in the eyes of a child. There are seven million.
Walt Streightiff

So in die sinnetjie vind ek my 3 fokusse vir die jaar:
- familie Hietink en die kinders
- my verdere reisplanne
- en my studeerplanne

Ek wens julle almal 'n baie avontuurlustige 2007. Ons hou kontak en inspireer/versterk mekaar langs die pad.

Qxford

Ons is in die baie bevooregde posisie om vir Christopher North te ken (Ernie se boetie). Die meneertjie doen nou sy MBA in Oxford by die SAID Oxford Business school.
Natuurlik gaan ek en Yolandi vir 'n besoek en sommer 'n private toer.

Dit is amptelik - ek gaan alles in my vermoeë doen om in September te begin swot. Dink nie ek sal dit in UK doen nie, maar verseker sal ek dit doen.
Oxford is inspirerend. Ja, ons was by Christ Church college waar Harry Potter geskiet is, maar bo dit als, is daar werklike tradisie. Christopher vertel van sy spesiale eksamen drag (toga en satyn strikdassie), die verskeie College kore ens. En as jy eers in die studente dorp loop voel dit soos 'n akademiese oozing atmosfeer. Daar is groot katedraal/saal geboue, courtyards, eetsale en grasperke vir rekreasie. Dit was vir my goed om dit met my eie oë te sien, want nou weet ek dat dit bereikbaar is. Jy hoef nie noodwendig net daaroor te dink nie, jy kan dit doen.

Die studente is presies soos ons - klein pubs, kletsgroepe, klein studente huise.

Dit was great. Dankie Christopher!

Londen o Londen

Ek arriveer op Gatwick en natuurlik is ek ekstaties om vir Yolandi daar te sien. Ons bly by haar broer Hannes in Chislehurst, Zone 5. Dit vat ons in die oggend so 30min tot in Londen.

Ek en Yolandi reis lekker saam. Sy is 'n baie chilled traveller en hou my op die regte koers. Ongelukkig is ek min gepla oor die besienswaardighede as ek mense het om te sien. So ek gesels terwyl Yolandi navigate.

Die weer was fenominaal en ons is die eerste dag al op Eye of Londen vir verre horisonne. Lekker vroeg uit die vere en eerste (wel in die middel) van die ry.Die uitsig is wonderlik en ek besef dat die historiese monumente my eintlik verras het. Ek het geen verwagting van Londen gehad nie. Ek het so vinnig my travel guide deurgeblaai, maar ek was aangenaam verras wat daar alles te sien is.

Gelukkig/ongelukkig was daar net te veel om te sien en ons het maar 'n vinnige deurloop van alles gedoen. Ons was Buckingham palace toe, Nasionale museum GESCAN, Potrait museum, Kensington gardens, Tower of Londen,Westminister abbey
Sondag diens gedoen,St Paul's GESCAN, Picadilly Circus ens. Yolandi het my in Fortnum & Mason laat ingaan en skielik tref dit my dat ek in Londen is en ook dat dit 'n CONSUMER malhuis is. Een insident wat ek nie sal vergeet nie is QXFORD street, in die reën, ek loop baie moontlik teen die stroom, op soek na 'n Vodafone winkel om my simpel Nederlandse foontjie op te waardeer (geld op te sit- in nederlands). Dis CHAOS. Na Kopenhagen se luukse breë voetganger paadjies teen Londen se smal sypaadjies met groot rooi busse wat verby jou jaag en HORDES maar HORDES mense, was ek verewig geles van my Londen 'dors'. Ek was 4 dae hier en ek dink dis genoeg.

Nog 'n HORRIFIC ervaring (Yolandi sal stem) was ons McDonalds ervaring. Ja ek weet, wat het ons gedink - maar dit was nat buite en ons moes time kill om Werner te sien. Die UK jonges is TERRORS. Hulle gil vir jou as jy na hulle kyk terwyl hulle harde, aaklige gesprekke het, op die counters sit en mense met goed deur strooitjies spoeg. En dan skielik ruk hulle 'n vensterplakaat af en die bondel stap rustig uit. Dan verstaan mens 'n bietjie hoekom die McDonald personeel jou chips pakkie neergooi in jou skinkbord en amper jou koffie daarop ook stamp, en hulle sê nie eers jammer nie. Nee wat, hier is te veel probleme. My laaste probleem waS Gatwick waar toe ek terugvlieg selfs my skoene deur die scanners moes sit. En daar is toue en toue mense wat deur die 'sisteem' moet gaan. GENOEG - jammer al die UK vriende. Ek verander my deuntjie in die volgende paragraaf.

So Nuwe jaar gaan ons saam met Hannes en Charles na 'n heerlike Spaanse restaurant. Die countdown het ons tuis gedoen saam met Hannes se enkel buurvrou wat af en toe na die kat kyk. Dit was feestelik en ons kon die vuurwerke op 'n afstand deur die sitkamer venster sien.

Dit was ook great om vir Karin-Marie, Philna en Werner te sien. Die klomp is nou al 'n paar maande en jare in Londen, maar ons het nogsteeds heerlik gekuier en als was nog dieselfde. Ek dink ek moes wel aanpas om weer gesprekke met mense wat ek ken te hê. Ek was nou vir 'n lang ruk bietjie introverties, met myself en in myself.

Ag dis heerlik om verre vriende te besoek en net weer te besef dat ek Karin-Marie en Bruce love vir hulle analitiese lewenspassie en super humor, Philna vir haar braafheid en instinktiewe liefde, Werner vir sy menslikheid en wêreldklaskwaliteit en liefste Yolandi vir die sensitiewe rots/perpektief wat sy vir my is.

Mag Londen die vriende van ons nie opeet of versmoor nie.

vrijdag, januari 05, 2007

Denemarke - vir rus en vrede

Denemarke was my inleiding tot Skandenavië. Ek was in Kopenhagen, Roskilde en Helsignor en my algemene afleiding is dat Denemarke die ultimate vakansie plek is as jy getap voel deur die moderne rat race en jy soek 'n wegkomkans - nie 'n drastiese afnip van realiteit nie, maar 'n tikkie stabiliteit/rustige ritme.

Dit was koud, maar nie so koud soos Duitsland vir my nie. Die mense lyk nie almal soos vikings nie, maar is wel effens langer as ons. Vir my is Deens is 'n taal vermeng met frans/duits/nederlands en engels. Hulle praat almal vlot engels met dieselfde aksent as in SA.Hulle sisteme is anders - in die sin van dat ek nie weet of dit intelligent of onprakties is nie. Soos bv hulle flieksitplekke word genommer van binne na buite, dus is 1 in die middel, 2 links van 1 en 3 regs van 1. Hulle straatnommers is dieselfde.

Wat ek wel LOVE van Denemarke is hulle sin vir meubel- ontwerp, ag en eintlike industriële ontwerp. Hulle ontwerpe is gebaseer op funksionaliteit vervolmaak deur eenvoudige ontwerp. Niks is eksentriek nie en niks is vervelig nie. Alles draai om INNOVASIE.

Denemarke is nie noodwendig klinies en skoon nie, maar daar is 'n nasionale trots wat gebou is op die SUPER mag van die Deense koniklikes. Ek sien geen aggressie of woede nie, jonges en oues leef rustig saam en Denemarke straal neutraliteit uit. Dis verseker veilig en gemaklik, maar ek dink wel 'n tikkie revolusie sal hulle goed doen (sê ek nou, die groot spreker?), shake the tree a bit.

Kopenhagen

Ek het 'n Engelse budget travel boekie by my hostel - Sleep in Heaven - gekry wat Kopenhagen beskryf as " a laid back self-assured place' en dit is so. Dis 'n wêreldstad sonder frille. Onthou ek reflekteer nou, nadat ek ook in Londen was. Kopenhagen is 'n droom in vergelyking met Londen.
Die stad is meestal een lang wandelpad (Stoget - die langste koopstraat in die wêreld). Dit is nie oorbevolk nie en geweldig toeriste vriendelik.



Standbeeld van oumensies

Eers bietjie oor Sleep in Heaven - nee nee, slaap in snorkvallei. Ek land in 'n kamer met 14 mense. Gelukkig word ek geplaas in 'n cubicle van 4 mense, waarvan 2 meisies van Malysië was. O, wee, onder daardie petite voorkoms rus 'n monster wat homself laat hoor in die nag. DRULLENDE SNORK geluide! Die hele kamer het rondgerol die hele nag a.g.v. die twee se snoesige slapie. Oor die algemeen is ek gemaklik tussen baie mense, maar toe ek van buite terug in die kamer kom na my oggend stort en die bedompige lug van 14 mense se aand-asems en persoonlike ruike tref jou, weet jy dat geselligheid stop by gesprekke rondom 'n tafel. Maar die hostel was vol internasionel jongmense en internet was gratis. Ek ontmoet ook 'n franse filosofie onderwyseres.

Kopenhagen het baie tuine versier met pragtige beelde en soms 'n kasteel of slot (koniklike woning). Dene se oggend-roetine is draf in die parke en dan werk in die skare sonlig van 10 - 4h, dan is dit donker.


H.C. Anderson (kinderboek skrywer)
Besienswaardighede is volop in Kopenhagen. Soos ek genoem het is beeldende kuns een van die Deense skatte, so ek was na die Calsberg Glyptotek museum toe. Dis 'n beelde paradys en jy loop deur skatte van antieke griekeland, Egypte en destydse Romeise Europa. O.a. sien ek The Kiss, wat my laat dink het aan die sceen in Pride and Prejudice (Janita en Gina, krul tone).

Wat ek nog nie genoem het nie is dat Kopenhagen die duurste plek op aarde is. Sommige museums is gratis, maar ander geweldig duur.

Ek het toevallig op die aller mooiste kerk afgekom - die Fredericks kirke. Dis oorkant die Amalienborg kasteel en is seker die hoofkerk van die koninklikes. As ek eendag kan, is dit die plek waar ek sou wou trou of begrawe word.mmm. Dis in 'n ronde struktuur en dus het dit nie onnodige lang loogang nie. Die banke is in 'n ronding gebou en oorgetrek met wynrooi kussings. Ek kan dit nie verduidelik nie, maar die plek is fenominaal.


Wat Kopenhagen ook so exciting gemaak het was die aand se vuurwerke by die Tivoli, die grootste amusement park in die middel van die stad. Dis amper soos Simf of Fire in Kaapstad.
Argitektuur gewys is Kopenhagen baie interessant, met vermenging van oud en nuut. Die Museum vir moderne kuns het 'n ou voorkant, maar moderne agterkant.

Hier is nog 'n paar kiekies. Kom na Kopenhagen.
Design Centre Moderne kuns gebou agter en voor

Rosenborg Slot








Roskilde

Roskilde is 'n klein dorpie so 20min wes van Kopenhagen. In 980 nC bou die Normaanse koning Herald Blaatand die eerste Seeland se Christelike kerk. Die kerk was eers natuurlik na die Reformasie Protestants. Die Roskilde Dom kerk is nou 'n UNESCO Wêreld Herritage site. Wat ongelooflik was om te sien is dat al die Deense koninklikes nou hier begrawe word. Die grafte is so manjefiek en adel - laat my dink wie nie 'n na-latenskap wil hê nie?

Ook in Rosklide is die Viking museum. Ek voel 'n geweldige band met die Vikings, nog voor ek by die museum was. Die Vikings was glad nie noodwendig 'goeie mense ' nie, want hulle het o.a. kerke afgebreeken dorpies geplunder. Hulle het wel 'n tipe pagan geloof gehad met demone, hekse ens, maar ek dink dit was maar fabels. Hulle was digters en storie-vertellers. Maar heel belangrik, hulle was see reisigers.

Die museum is eintlik spesiaal gebou om 5 opgegrawe Vikingskepe wat aan die Roskilde oewers opevind is ten toon te stel. Wat ook spesiaal is, is dat die opgegrawe skepe inspirasie was om dieselfde skepe weer te bou maar om Viking boumetodes te gebruik en dan sal die skip hierdie jaar 'n tog maak tot in Dublin - wat die Viking 'hoofstad' was. Hulle het ook gevind dat een van die skepeoorspronklik van Dublin was.
Gaan besoek die museum se webtuiste by www.vikingeskibsmuseet.dk

Roskilde is ook groot op musiek feeste. Ek het my Real Group CD by 'n great klein CD winkeltjie daar gekoop. Rosklide is hoe ek Skandenavië gevisualiseer het - dun koue lug, groen heuwels, en 'n donker see.

Helsingor

Helsingor is so 45min van Kopenhagen af. Dit is van hier waar jy op die strand kan staan en die Suide van Swede sien. Daar is ook om die uur 'n ferry wat jou oor vat Swede toe. Die hoof toeriste aantrekking is die Kronborg slot wat Shakespear se Hamlet in afspeel. Die slot is pragtig en die dorp ook, maar op hierdie stadium van my toer was my geld min, my skoene papnat en my tone amper dood. Dus was ek ietwat verwydered van die wonder.
Die kasteel is pragtige geleë op die punt van die land en het 'n wonderlike uitsig. Met die dat die kasteel gebruik was vir van koninklike woning, tot Sweedse trofee, tronk tot Nazi ammunisiestoorplek.
Die dorpie het ander aantrekkings en baie duur winkels. Dis pragtig klein. Village life!