Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, november 27, 2006

En die volgende - Brussels

Ek was die naweek by Reinier se ouers, Dolly & Reinco Hietink in St Genius- Rode, net buite Brussels.

Ek was miskien 3ure maks in Brussels middestad, maar ek het so gevoel dat dit my volgende blyplek kan word. Ek vind Brussels klassiek, romanties en ongelooflik mooi. Dit is 'n mengsel van Franse en Nederlandse invloede.


Ek sal verseker teruggaan en lank daar rondwandel.

Die Hietink grootouers is wonderlik. Dolly leer haarself Italiaans en sy en Reinco toer graag. Sy het self athrietis en osteoperose, maar niks hou haar terug nie. Ons het saam met die kinders Sondag 'n heerlike wandeling in een van die nabye woude gaan neem. Sy is 'n ouma so uit die boek - dis sjokolade mousse, letterkoekies, volle toegeruste speel-speel kombuisie vir die kinders. (ons moes elke oggend eers hulle ontbyt uit 'Alfreco' eet waaraan die dogtertjies die hele oggend gewerk het)

Ek moet nou elke aand vir die dogtertjies 'Slaap my kindjie' sing (ps. ek moet die regte woorde kry - ek maak my eie op tot sover). Dan eet die grootmense en ons gesels heerlik in Nederlands en drink franse wyn. Natuurlik hoor ek alles oor die Hietink gesin en ons praat ure oor die kinders.

Maar Brussels sien my verseker weer!!!!

vrijdag, november 24, 2006

Suzuki rondom 'n tafel

Ek was gistraand vir my eerste ouerkursus in die Suzuki - Talent Education metode. Dit was aangebied deur Johannes, Dominique se withaar, borrelende vioolmeester in sy huis in Utrecht. Hy het 'n lieflike regop woonstel met 'n musiek 'sentrum' bo. Ek was in 'n groep van 4 mammas wat almal voltydse ma's is (was advokate, ortopete en joernaliste). Johannes deel met ons sy 45 jaar kennis oor kindermusiek opleiding en 25jaar se ervaring van die Suzuki metode.
Die Japanese stigter, Suzuki het Japan se viool-onderrig verander met wêreldwye effek. Hy glo dat elke kind 'n talent kan ontwikkel.

"Every child can learn. It is not the goal of Suzuki education to produce concert artisit, but to produce happy, hardworking people with hightly developed abilities."

Ek lees dat kinders leer dinge sintuiglik en n.a.v. koordinasie van aktiwiteite. Dan ook moet kinders dinge globaal en analities insien. Ek wens ek kan die beginsel behoorlik verduidelik, maar ek het glad nie nou die tyd nie.

Al wat ek kan sê is dat ek weereens verstom is oor moeders se intense betrokkenheid by hulle kinders se ontwikkeling. Ek leer so baie en besef dat hierdie jaar as au pair my baie verrassings gaan bied.

Ook besef ek dat ek wel in Nederland sal wil bly in 'n huisie/woonstel soos Johannes.

donderdag, november 23, 2006

Waar is ek nou



Ek is 'n au pair in Nederland by die Hietink Familie. (Reinier, Marianne & Rebecca (8), Dominique (6) en Florence (6)). Ek bly in 'n pragtige buurt genaamd Bilthoven wat deel is van De Bilt. Ons bly 15 min buite Utrecht in die middel van Nederland.


Dis herf in Nederland en die strate het almal geel,rooi en bruin blaardakkies. Daar is verskeie bosse in ons omgewing en ek ry graag Saterdae op my bergfiets daardeur. Henno het vir my 'n great 'Ipod'-dingetjie gegee waarmee ek heerlik na die Hilliard Ensemble ens kan luister terwyl ek jaag soos die wind deur die woude.

Op hierdie stadium doen ek huiswerk van 7- 9:30 dan is ek af tot 16h00. Ek verken dan. Was al in Baarn, Soest, Zeist, Den Dolder,Amsterdam, Amersfoort, Utrecht, Eindhoven, Den Bosch en Zoetemeer.

Die naweek gaan ons Belgie toe na Reinier se ouers wat bly buite Brussels. Ek sal later verder hieroor uitbrei.

Waarom au pair?
Want ek was lus om myself te verplaas, Nederland te ervaar, te sien hoe dit is om 'n 'moeder' te wees, te leer oor myself en moontlikhede van verdere studies te ondersoek. Ek is geweldig geseënd in waar ek is in my lewe. Ek is nog glad nie spyt nie.

woensdag, november 22, 2006

Kaapstad,my slaapstad






hier sal ek nog verhale skryf oor my 'moeder'.
solank 'n paar foto's - dankie janita!
Skemer in Oranjezicht van ons balkon Kerkkamp people

Rene, Estelle, Tiaan & Lize