Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

donderdag, november 01, 2007

Oh – Oktober het oorgevlieg

Skud die koppie- waar was Oktober? Verseker verbygevlieg.
Wat wel gebeur het is die Herfs het verskyn – onmisbare gele, rooie en sjokoladebruine. Ek is gek daaroor. Die vroeë oggende ry ek en die kinders met ons fietse as bende skool toe – blitse Bilthoven bende.En ons tel blare op, wikkel ons koue neuse en babbel die hele fietspad deur. So gepraat van babble – liefste Lida het arriveer in Oktober. Sy bly nou in Leiden en ek geniet haar babbels alreeds. (terug in die trippelkamerJ)

Maar soos goeie Oktober op Tuks is, is Oktober in UvA (Universiteit van Amsterdam) ook studie en eksamentyd. Ek geniet die Kulturele indurstrie studies baie. Elke week 8 arikels om deur te werk, definisies, case studies, klasdebatte en ‘n Wallstreet journal optel langs die fotostaat masjien. Alles is ge’net’ hier, so punte, klasnotas, e-mails, digitale biblioteek etc. Maar super kalm. Nederlanders is kalm oor die lewe hoor. Al die probleme word gespoel deur die fietsspin en die los vanself op. Salig!

Bietjie inspirasie uit Utrecht

Maastricht

Ek was uiteindelik in Suid-Nederland. Ek het gaan kyk hoe Louise optree in die Musica Sacra festival in Maastricht. Sy bly as tipiese drama student lekker sentraal in Maastricht in ‘n bo-vertrek(e) met hippies as verhuurders. Ek was geweldig geinspireerd deur haar toneelgroep se ‘play’ – lampe wat gedim op skouerhoogte hang oor die hele verhoog en ‘n ‘footage’ effek waar die akteurs se interaksies live as ‘close-ups’ geprojekteer word in die agtergrond. Ek geniet absrakte vertonings so baie – geniet die intripitasie-vryheid.
Sondag was ‘n heerike kontras op die abstrak-indulgence – ons vat ‘n Sondagoggend bus deur Suid-Limburg (die provinsietje). En hier voel ek onmiddelik soos ‘n hobbit tuis in The Shire van Lord of the Rings. Ek speel selfs die filmmusiek in my kop terwyl ons ry. Ja, hier lê Nederland se bergies – rollende weilandbergjes, koeie, klein huisies, skapies en dikke groen gras. Heerlike Sondagtrippie.

Dit was erg gezellig so met Louise en haar moeder in Maastricht. En ons is getreat – langs die water by master-chef restaurant geeët, gegiggel tussen die borrels, geluister na die Linburgse vloeidialek van mengsel tussen frans, duits en nederlands en net gevoel asof die lewe moet gebaseer word op lang etes.

Ons laaste ‘event’ was ‘n goeie komedie – Death at a Funeral. Skreeu-snaaks, een van daardie wat die trane laat rol. En toe is die lekkerkry klaargekry en ek ry my twee-uurtjies terug huis toe vir nog ‘n vol week van basiese huistake.

dinsdag, augustus 21, 2007

Nuwe konsep - mijn wortelland

Dis somervakansie in Nederland en die ou landje is leeg, want die Nederlandser reis. Ek het my Franse toer skielik verander na 'n vlugtige Suid-Afrikaanse toer. Die KLM-vlugte vanuit Nederland was stampvol, want 'n safari in Afrika is verseker een van die topplanne aan die kant. My motivering: ek kom gou huis toe. Maar voor ek terugvlieg moes ek vir oulaas 'n kulturele gebeurtenis in Utrecht bywoon. Dit was PARADE tyd.
Die Parade is 'n mobiele teaterfees gekleed as a 'funfare'. Daar is hordes teaters opgerig, produksies vir oud en jonk, cocktail areas, poffertjes bakkerij, mallemeules ens. Een spesifieke stalletjie het my veral laat gil van kreatiewe-satisfaksie - die 'silent disco'. Dis lykmy 'n wêreldfenomeen (http://www.silentdisco.com/) waar jy oorfone op sit en dan saam met mense disco. My kindertjies het dit gaan doen en dit was net SUPER om te sien. Omgewingsvriendelik, vermaaklik en net eenvoudig slim. Die twee obskure DJ's is veral die kersie op die koek.
Die volgende dag is ek op die oggendvlug na Suid-Afrika. Wat kon ek verwag na 9 maande? My liefste gesinnetjie, nog dieselfde. Ek het 'n vooropgestelde agenda gehad, want my tyd was min en my kop bietjie los van my lyf. Dinge wat vir my besonders was:
- inkruip by ma in die oggend
- musiek luister met pa
- stories-luister by ouma
- my sus se 'crib' sien en haar hond, Mika, te ontmoet
- naweek by Yolandi in Johannesburg
- baie etes, koffies en gin en tonics met vriende
Carlien uit die bos sien
-ek maak kos vir my ouers
- uit-eet soos in die ou-dae met ouers
- vriende se laat-nag stories luister
- Retha en Danie se baba Lara sien
- musiekmaak met ou bekendes
- koorkonsert in die Musaion
- skinnerstories en deurmekaarstories
- Sunday Times oggende
- Jane Austen fliek by Nouveau op Vrouedag
- Troue-geselsies
- ou bande weer smee















In 'n neutedop dink ek dit was dit. Ek het teruggery lughawe toe in stilte - is ek bly of hartseer. Ek sit op my BAA vlug en sien my persoonlike entertainment system en ek besef - nee, wat ek is bly om weer te vlieg. VOORT MET DIE REIS!

Ek land lekker vroeg in Londen. Goeie ou Boeta (Christiaan) kom haal my en dadelik is dit babbel en bekkie.



My hoogtepunte:

- Tate Modern
- ronddwaal in Londen City (verby die Deutsche Bank sfeer)
- Bedroom Bar kuier (Kaapstad clan, Menlo clan, Koshuis clan, en Werner de Waal)
- Sien Renier Bosman (die dude langs wie ek van Gr2 al af in elke klas langs land)
- Sien Erika Beneke en haar en Rich pragtige grondvloerwoning met 'n kat, keyboard, kitare, cds... etc
- Engelse oggend met die Wilsons (KM en Bruce) in Hampstead gardens. Super super super.
- St Pauls katerdraal met 'n koor wat vir Evening song oefen
- Freshlyground live konsert met al die res van Suid-Afrika in Londen
- Greenwich gardens piekniek met Boeta en die internasionale groep - kontroversieel
- Vlooimark Maandag met Erika in Camden Town
- Drink laaste glas wyn by oudste Winebar in Londen naby Embankment- Hoera!!!





Sal ek in Londen kan kom bly?
Toe ek op Schipol land en weer in my eie Nederlandse trein ry weet ek :' Hier is ek nou bly om weer terug te wees'
Die eerste week moes ek weer aanpas - stryk,was,kinders,kamers en koor. Maar toe ek op 'n Saterdagmiddag rustig in 'n bos/veld/wandelarea so 5 min van my af gaan ontspan en daar kom skielik 'n swart perd sy neus in my hare steek - toe weet ek ek wil hierdie dae in Nederland vir NIKS ruil nie.

Ek is op 3 September weer student - internasionale student!

ps- net gou oor die perde - ja, hulle loop so wild rond. Super sosiaal hoor, hulle volg jou om gestreel te word. Ken 'n Pretorianer so 'n omgewin

donderdag, juli 12, 2007

Museum nacht

Intussen het ek 25 geword, vriende gemaak, Pirates of the Carribean baie geniet en ook 'As it is in heaven' as 'n verjaarsdag partytjie gehad. Ek het ook 'n nuwe toevoeging tot LIZE se CD versameling - BABEL!!!
Die mees onlangse stimulasie inspuiting was Museum nacht in Utrecht. 8 Museume is oop vanaf 21h00 - 02h00. Die tema van die event was die 7 hoof sonde. So elke museum het 'n tema gehad - Hebsug, gulsigheid, hoogmoed, gemaksug, lust, afguns en woede. Hulle het ook idolatrie bygelas. In die museum is daar dan 'n paar DAKKAMERS waarin jy 'n voorstelling kan sien. Soos bv ons moes geblindoek in die duiwel se kamer instap en ons grootste vrees op 'n papier skryf. Toe ons ons oë oopmaak staan 'n duiwelgedrog voor ons, neem ons papier, laat ons een vir een opstaan en dit hard op sê en dan sit hy die papier in 'n liquidizer. was so vreemd. By Gemaksug uitstalling kon jy heerlik op kussings sit en word omring met engele.
Jy kan dan kies uit die wensmenu en dan word jou wens vervul. Ander vertonings was o.a. 'n vrou wat in die kweekhuis se dam staan en 'n lang monoloog voordra oor retoriese vrae. So stunning oorgekom.




In die lokaal langs die kweekhuis is daar 'n dam met Amazone waterlelies wat 40kg op hul blare kan dra. Die wit lelie pronk dan in die middel van die dam. Daar was ook onder die tema van gulsigheid 'n oester proewery. Jy moes self oesters oopsny met 'n mes - lang proses. Die museumtog vat jou deur die stad en al langs die pad loop jy verby uitbeeldings soos die lugborrel waarin jy kan klim en voel hoe dit voel 'to live in a bubble'.
Ons aand het geeindig in die Spoorwegmuseum waar Dorfmeister 'n drum and base party tussen die ou treine gehad het. Die hele aand was fenominaal en ek is so geinspireerd.





Museumnachte is deel van Kulturele Sondae wat elke stad reël in Nederland. BEVORDER DIE KUNSTE. Die internationale Straatfeeskopetisie het ook op Kulturele sondag plaasgeving in Utrecht.
Super innoverend! Dis wat ek wil doen en my pad hierheen is my Masters in business studies with specialisation in cultural industries by die Universiteit van Amsterdam. Ek begin 3 September klas loop. Hiephiephoe

maandag, juni 18, 2007

Hoofma

Ek was die naweek die hoofma. Die ouers was weg en ek het drie kinders van Donderdag tot Sondag onder my vlerk gehad. Natuurlik moes ek genoeg aktiwiteite reël om hulle besig te hou. Ek kan nie rêrig onthou of my ma-hulle my op lekker uitstappies geneem het nie, maar as 'n volwassene geniet ek dit nou geweldig. Vrydag vat ek die kleintjies en hulle maats na KIDZcity. Dis 'n massiewe binnenshuise speelpark. Tonnels, glyplanke, lekkers, stampkarretjies (krul almal se tone al?). Natuurlik moes ek proviant saam neem, want ek het geweet hulle gaan heeltyd neul vir spookasem en allerlei soetgoed. Ek verbaas myself soms deur in 'n STRENG juf Rottenmeier te verander. Mens probeer so hard om jou fokus te hou, maar teen die einde smelt jou hart en jy laat 'snoepjes' maar toe.

Saterdag, na vioolles is ons met die trein na NEMO in Amsterdam.
Dis 'n groot wetenskap musuem. Jullle sal my ook nie glo as ek jule vertel hoe bly ek raak as 'n museumrestarante 'n kiddies menu het nie. NEMO was perfek! Kinders kon binne 'n seepborrel staan, 'n 3D film kyk van hoe die menslike sel lyk, speel met magnete, elektriese ladings, met 'n verouderings program sien hoe jy gaan lyk as jy 'n ouma is, DNA speletjies speel ens. Daar was te veel om op te noem, maar weet dit, ek sal verseker teruggaan.
Dis vir my so 'n voorreg om soveel tyd met kinders te spandeer. Eintlik herleef ek my eie kinderjare. Ek kan so goed onthou hoe dit voel om iets nie heeltemal te verstaan nie, of hoe groot die wêreld om jou lyk, of hoe moeg jou bene raak as jy saam met grootmense loop. Dit alles ervaar ek nou weer, maar as 'n aanskouer. Ek onthou dat my gedagtes so dik en vaag gevoel het toe ek klein was. En soos dinge vir jou sin maak, kom daar 'n 'lightbolb' oomblik. Fenominaal.

dinsdag, mei 29, 2007

Parys





Ek was al langer as 'n week gelede in Parys en nou moet ek nadink. Binne die eerste uur het Parys jou hart gestreel. Mens kry 'n sagte glimlag as jy vir die eerste keer deur die strate stap en die balkonnetjies sien en die franse gesprekke hoor. Dan besef jy opeens jy is nou in PARYS en jy spring op en af en lag hardop. Janita het my op Paris Nord ontmoet en wat so ongelooflik was, is dat ons vinnig gegroet het en opeens begin gesels asof ons mekaar gister laas gesien het. Sy het vir ons 'n oulik kamertjie gereël in die Latin Quater en ons kon onmiddelik verken. Sy was nou al 'n week in Parys en kon my gou op 'n loop verby die groot merke vat. Chat-chat al die pad, so sonder om vir mekaar te kyk, maar eerder in die lug kommentaar te lewer op alles wat ons sien. Dit was effens bewolk en ons het amper gedink ons gaan papnat op die Eiffeltoring moet oh-ah. Verrassing toe ons bo kom - oopgetrek en vars sonsondergang. Champanje-tyd!
Die landmerke in Parys is so imposant (kan ek dit so beskryf?). Die Arc de Triomf straal nasionale trots uit en die Eiffel ook. Jy kan dit net nie mis nie. En Parys lyk nes die geadverteerde Parys. Of dit op film, boek of plakaat was, Parys lyk so.
Om te toer saam met Janita was 'n fees. Sy is 'n lopende wikipedia. Wat ook lekker was is dat sy absoluut tyd neem om die detail te geniet. Ons het na al die detail op kerke en vensters gekyk en al die info-bordjies gelees. Janita het seker gemaak ek kry 'n goeie oorsig oor al die 'main attractions' en dan was daar sulke puur-Parisian oomblikke soos kaas en broodjies eet op 'n bankie in die Notre dame se skadu, croissants in
die oggend met sterk franse koffie waarmee ons hardloop verby die broodfees voor die Notre dame, straatkafeesittery, Rodin standbeelde betas ens.
Saterdag is ons Versailles toe - die grootste paleis in Europa. Ons 'audio tour' deur al die minaresse se kamers en hulle chill kamers ens. Ons kom eers later by die pragtige operahuis en kapel. Daar het 3 500 adellikes gebly in Versailles en met die was die paleis soos hulle dorp. Die kamers is gegoud en geskilderd en ge-oordoen. Adellikheid het hier sy definisie gekry. Maar die mooiste was die tuine met duisende fonteine. Ek kon myself daar sien rondloop vir nog baie lank. Maar die wyn het my en Janita geroep en ons was reg om te fantiseer oor ons koniklike never-neverland. Die Sondag is ons St Denis toe waar al die koninklikes begrawe is. Van paleis tot ondergrond. Ons laaste stop was Montmatre en die Sacre Coeur katedraal. Dis 'n wit moderne katedraal op 'n heuwel - vir die wat nie weet nie. Die interior is modern en amper 'Latin-American catholic' - soos goue harte met aortas ens op die beelde en helderkleurige mosaiekwerk. Montmatre is waar Picasso en Van Gogh ook inpirasie kom soek het - o.a. The moulin rouge. Die plek is wat Melville moes gewees het. Eksentriek! Daar is nog soveel wat ek kan vertel, maar miskien moet ek dit hier laat. Ek was so geinsprireerd met my treinrit terug dat ek my Europa-boekie van voor tot agter bestudeer het. waarheen volgende?

Gaan Parys toe - eendag!

donderdag, mei 10, 2007

Toevallighede

As mens op riglyne leef en spasie los vir improvisasie en verandering dan gebeur daar baie verrassende toevallighede. Soos om rofweg jou pad uit te werk en dan net te ry, maar hier en daar af te swenk soos jy interessante dinge raakloop. My wyse vriend De Wet het gesê :"lize, jy is 'n A tot B mens. Jy hou nie van skielike verandering in die planne nie." Dit was altyd so, maar 'I've changed - HA'.

Hier is 'n paar plekke en dinge wat ek toevallig op afgekom het.

Kasteel Broekhuizen
Ek was oppad Rhenen toe en hier tref die bordjie Broekhuizen my. Ek was toevallig al in 2001 met die koor hier en het 'n foto van my en 2 ander vriende wat die dag 'colourcoded' was saamgebring na Nederland. Al die tyd was dit nie die dorpie Borekhuizen nie, maar Leersum net langsaan waar ons gesing het. Broekhuizen is slegs die kasteeljuweel in die area. Ek het heerlik op 'n bankie gaan sit, op die kasteel landgoed uitgekyk en ge'lunch'.















Amerogen
Pragtige herenhuis van Van Rhede hier in Amerogen. Die mooiste ou dorpie met pragtige bosse!
















Culemborg
Jan van Riebeeck het hier sy jeug spandeer. Ook 'n pratige groen stad met 13Eeuse stadsmure nog.




















Almere







Die stad is langs die Ijselmeer en die uitsig is pragtig. maar somehow doen die Nederlanders niks opwindends met die omgewing nie. Bou aaklige praktiese woonsteltorings en massa 'bewoningsareas'. Maar dan skielik kom daar paar argitektuur prikkels deur en jy kan weer iets moois waardeer.













Diere in Nederland
Die lewe van koeie en skape is idilies hier. Kan ek reinkarneer as 'n lammetjie eendag.


















Nog iets wat ek besef het is dat ek so bewus is van bome, want ek sit heeldag op die 3rde verdieping en sien vir die eerste keer bome vanaf die mikke.