Wag, daar is nog.
maandag, december 25, 2006
Kersfees 2006
Wag, daar is nog.
Bonn – Be-beethoven
Frankfurt – Chicago?
Maar verder is die luukse inkopies strate soos Zeil ens. Ek wou jazz gaan doen, maar was teen my laaste aand redelik moeg, koud en verkoue. My hostel was ook klipgooi van die stasie (ook klipgooi vir vinnig sex shop plesier vir aaklige mans) Ja, die laaste sin sal ek oor uitbrei – het een dude gesien wat by een ‘shop’ uitloop en wraggies in ‘n ander een weer instap. Skies vir my oordeel en persepsie, maar hy lyk arm, vuil en effens dronk. Wil nie eers verder daaroor dink nie.
Daar is geen kersmarkte in Frankfurt nie, so om my gluhwein ontrekking te stil is ek fliek toe. Ek wou die Duitse oorklank van The Holiday gaan sien, maar eindig toe maar in die oorspronklike engelse een. Ek het Jude Law en Camerone Diaz geniet. Suid-Afrikaanse teaters is by verre meer luuks as die in Frankfurt. Hulle kom maak nie die popcorn-strooisel skoon nie en dit ruik effens na – toemaar.
On the positive side – het ek die Kommunikasie museum besoek en ook ‘n Aussie/bietjie Kiwi, Simone ook ontmoet wat vir ‘n werksonderhoud by ‘n hotel gekom het as ontvangsdame. Shame, sy bly in die hostel oor kersfees.
Hier is die tipe kombuis wat ek eendag wil hê. Eenvoudig en hout.
Munchen – Duitse Glam
Volgende aand spandeer ek in ‘n Weinacht konsert met die Paletrina Motetkoor in die Residenze se hofkapel. Die koor word heeltyd begeleid deur ‘n harp. Dit was baie spesiaal. Ek het ook gemaklike manlike duitse geselsskap gehad.
Leipzig – Musici meesters
Dresden – my duitse romanse
Nee dit was Dresden wat my voete onder my uitgeslaan het. Instinktief het ek presies geweet waarheen om te gaan en ek was die ene borrelende toeris, met rooi wange (koue en gluhwein mengsel). Die stad is mooi van stasie toe agterplasie. Die geboue is groot en magtig. Geweldig indrukwekkend. Miskien het die nagligte ook die vuur aangestook. Die groot aantreklikheid is die Zwinger, wat ‘n paleisgebou is. Ook die Spriezelmarkt en Frauekirche. Waar ek die meeste rondgetrippel het was die Spektakel mark in die Schloss hof. Dis ‘n middeleeuse kersmark, met uitstallers wat aangetrek is volgens tema. Selfs die kindervermaak is soos in die middeleeue – hout mallemeules. Wat vir my great was, was dat al die stalletjies beman was met hippies – new age jongmense, dreadlocks, lapklere en kristalle. Net om die kultuur te sien voortleef in hulle as renaissance- innoveerders was vir my great. Ek het ‘n terra cotta gluhwein goblet as souvenir. In Dresden kry jy van kersmarkte tot kultuur en van Monet uitstallings tot Wetenskap uitstallings in ‘n ondergrondse tonnel. Oorweldigende stimulasie en absolute presier.
Berlyn – die toeriste stad
Wat my die meeste beindruk het was die Belyn Katedraal. Behalwe vir sy ongelooflike grootheid is daar ‘n grafkelder onder die kerk waar al die keisers ens se kiste is. Die kiste is pragtig en afgrond met ‘n kroonbeeld bo-oop. Die hartseer-gesig was die klein kinderkiste en indrukwekkende loodglasvensters. Ek het baie lank hier rondgedwaal.
Almal rave oor die argitektuur in Berlyn, maar ek moet sê ek het miskien te veel eksentrieke geboue verwag. Duitse argitektuur het ek ervaar as glas-behempt en klinies, maar tog baie mooi.
In die hostel ontmoet ek ‘n meisie wat ‘n Amerikaanse uitruilstudent in Liverpool is. Sy wil ‘n orkesbestuurder word en kombineer dus besigheid en musiek – aha!!! Ook ontmoet ek ‘n ouerige Nederlandse dame van Appeldoorn wat op haar eie rondtoer. Sy is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n alleen wêreldreisiger (van Indie tot Australie, ens). Die aande is net leeg as jy alleen toer en nie noodwendig gemaklik is om ‘n drankie op jou eie te drink by die kroeg nie. So ek het vir my ‘n reeks konserte bespreek. Sy aan die anderkant was al 7uur in die bed.
Berlyn is ‘n great toeriste stad wat goed toerus is vir reis en besigtiging. Die stad is skoon en pragtig oor Kersfees, veral die Unter den Linden wandelpad. Daar is baie museums wat ek net nie gedoen het nie, omdat ek nie tyd gehad het nie. My fokus was kersmarkte.
Deutschland - meine dame und herr
Dis verseker hoe ek my Duitsland-toer sal onthou. Ek het so baie treingery en so baie my ore gespits vir stasies en tye dat hierdie sinnetjie my senuwees prikkel as ek dit hoor. Ek het heel tuis gevoel in Duitsland. Selfs die taal was vir my ‘n lekker uitdaging om te ont”syfer”. Ek het wel besef dat ek ‘n klein bietjie bevooroordeeld is teenoor Duitsers. “Wêreld diktators” en “ eurosentriese reisigers”. Maar ek het wel versag na gluhwein, crepes en geroosterde neute. Die hoofdoel van my besoek was die kersmarkte en EK HET GE-WEINACHTFEST! Die treinreis was absoluut die moeite werd. Ek het sulke wonderlike sitplekke gehad – selfs heel voor by die bestuurder se kajuit. Om alleen te toer was vir my baie effektief. Ek konsentreer net op myself en raak geirreteerd net met myself. Lienka se opinie dat ek ietwat rigting bedonderd is, is bevestig, maar selfs hier is ‘method in the madness’. Ek het altyd beland waar ek moes. Ek het plekke gesien waar ek nie sou gegaan het nie, maar geweldig sou uitmis. Ek het rigting, maar dis die detail en geduld wat ek nie noodwendig het nie.Met my terugkom besef ek ook dat Nederland my plek is en dat dit hier veel mooier is as in Duitsland. Nie dat ek ‘n oorlogkundige is nie, maar na 60jaar is Duitsland nogsteeds besig om hulle pragstede te herwin. Bou boeties, bou
vrijdag, december 15, 2006
Desember toerplan
17 des- vertrek per trein na Berlyn. bly in sentrum. ontmoet moontlik ewald se vriend fabian.
18 des - besoek die aan Dresden vir 800 jaar oue kersmarkt
19 des - leipzig vir die dag.
20 des - vertrek na Munchen.
21 des - Munchen op en af. Jazz en kerst
22 des - vertrek van Frankfurt.
23 des - verken Frankfurt en Bonn- moet Beethoven Simf 9 CD hier koop
24 des - terug met trein na Utrecht en is die aan by Domtoring klokkespel funksie
25 des - oggend kerkdiens in Woud Kapel hier by ons
26 des - vlieg na Kopenhagen, Denemarke en bly in 'n kamer met 14 mense!!!!!!
27 des - verken Copenhage en Rostilde
28 des - verken Helsigor en omgewing
29 des - vlieg laatmiddag na Londen, Gatwick. ontmoet Yolandi daar
30 des - 2 jan - party,party party!
3 jan - terug na Nederland.
Ek het 'n lys wat ek wil sien ooral. groete
zaterdag, december 09, 2006
Alles in een op Westmaas
Hierbo is die huis van my ouma se oupa se broer, Dr C.E. van Koetsveld.Hy was die grootste figuur wat uit Westmaas kom omdat hy hofpredikant van die koninklike huis onder Koning Willen 3 was. Hy het 5 staatsbegrafnisse gehou en Koningin Wilhelmina, huidige koningin Beatrix se moeder, gedoop. Hy het meer as 100 boeke geskryf oor vrouens, diere en kinders in die Bybel en ook selfs kinderboeke. Van sy boeke word nou nog as studiebronne op universiteite gebruik.
Ek is na Westmaas om 'n boeke namens my ouma vir Mnr Henk van Etten te bring. Hy bly sy hele lewe lank al in Westmaas en het met C.E. van Koetsveld se boeke oor Westmaas en allerlei begin versamel.
My dag se hoofdoel was om die boeke te gee, maar saam is ek toe verdiep in my familie geskiedenis. Maar daar het vir my nog 'n grooter verrassing gewag. 'n Ontmoeting met 'n ongelooflike mens.
Mnr Henk van Etten het in die ministrie gewerk in Den Haag, maar toe is sy vrou in 'n motor-ongeluk en vir 6 maande in 'n koma. Daarna word sy wakker maar is verlam met breinskade. Henk is nou haar voltydse versorger. Hy het opgehou werk en versorg haar nou al vir 10 jaar.
Ons het die hele middag oor sy boekversameling, Westmaas, Nederland en sy vrou gesels. Die hele middag was vir my een groot les. Om deel te wees van so 'n mens se dag het my oë laat oopgaan.
Die feit dat ek nou 'n stukkie van my familie-geskiedenis in lewende lywe ervaar het, was vir my net so AMAZING.
Nederland en al haar verrassings!
Boekkas vol van C.E.vK se boeke wat Henk versamel het. Dit staan in sy sitkamer.
donderdag, december 07, 2006
St Nicholas dag – 5 Desember 2006
Elke kind moet ‘n “verlanglijsje” skryf en aan die Sint stuur. Die swarte piete kyk uit deur die jaar of die kinders soet was en as hulle nie was nie kry hulle geen ‘cadoujes’ nie. Nadat die hele Nederland Sint se bewegings en reëlings gevolg het is alles reg vir die groot aflewering
Ek was die oggend by die kinders se skool waar Sint sou aankom. En interdaad – hy kom met ‘n groot lawaai met Piete op fietse en hy in ‘n Riksa. Hy ry gewoonlik sy perd Americo, maar die wou nog slaap. Die kindes sing Sinterklaas liedjies en die onderwysers word deur Piete op fietse gelaai. Sint skud die kinder se hande en maak geselsies.
Ek is genooi na Florence se klas waar Sint eerste gaan wees. Ag die klassies is so mooi versier en van die kinders het soos Sint of swarte piete aangetrek. Sint en sy SAAG Piet het een van die seuntjies se stoel saamgeneem om korter te maak. Hy bring dit die volgende dag terug.
Die lekkerste van St Nicholaas is pakkiesavond. Die deurklokkie lui en skielik is daar gooiing sake met geskenke voor die deur ( jy reel met die bure). Daar kom ook ‘n brief van St Nicholaas waar hy aan elkeen ‘n gedig neergeskryf het. Die brief gaan oor jou geskenk en wat jy goed gedoen het die jaar. Ook is daar bietjie raad oor dinge waarop jy kan verbeter. Die Hietink gesin het my ooral ingesluit en ek het ook geskenke gekry – ‘n dagboek, CD van Marco Busato (huge hier) en ‘n pienk handdoek. My gedig het net mooi goed gesê o.a. “jy gaat je steeds meer als een Nederlandse gedragen en durf je met rok en al op de (heren)fiets te wagen. Met een brede interesse en een ondernemende geest maak je van jouw verblijf in Nederland zeke het meest. Ga dus maa lekker door met genieten.”
Die aand was baie spesiaal en ek is so dankbaar vir die famlietjie waarin ek is.
maandag, december 04, 2006
Nederlandse fiets
Ek het Rebecca by die skool gaan optel en agter op my fiets gelaai. Ook het ek Vrydag-aand die 20h00 Casino Royal film gaan sien in Zeist wat so 7km van ons af is te fiets.
Fliek toe gaan is ‘n OUTING vir die nederlanders. Jy moet bespreek anders betaal jy 10euro eerder as 4.50 euro. En daar is ‘n pouse op die spannendste deel. Wat ek die meeste geniet het was die feit dat almal hulle papiere ens na die tyd heel pligsgetrou in die asblik kom gooi het en dat my jas en serp nog netjies aan die kapstok gehang het toe ek uitgaan. Al die pad terug bedink ek ‘n BOND-lewe. Vol avontuur en glans. Ek hou van die nuwe BOND en daar was ‘n paar klassieke en lagwekkende oomblikke in die fliek.
Saterdag ontdek ek Utrecht weereens. Is op in die Domtoring en het die mooiste klokke en uitsigte gesien. Ook die klokspeler ontmoet wie die hele oggend Sinterklaas liedjies moes speel.
Sondag was besonders, want ek het baie leestyd gehad. Spontaan besluit ek toe om na ‘n GRATIS Bach Cantate uitvoering in die Geesteskerk, Utrecht te gaan bywoon. Jy kry ‘n papier met die hele Cantate se woorde en ook die slotkoraal se note. Aan die begin oefen die gehoor saam met die koor en orkes en siedaar aan die einde van die Cantate sing die gehoor die laaste koraal saam. FABULOUS.
Ek drink alleen wyn in ‘n kroeg, ek ry alleen trein of bus. Ek is van die skynde onbeskofte mense wat met oorfone in publieke vervoer sit. Maar dis fine vir nog 2 maande. Dan moet ek met my mede Nederlanders begin meng en gesels. Niemand vra my waarvandaan ek kom nie. Dus gaan ek maar vir hulle begin sê.
vrijdag, december 01, 2006
'n Perfekte dag
Ek was die oggend vroeg Baarn toe. So 10min van Bilthoven.
Ek het 'n spesiale trein kaartjie, Kortingskaart, omdat ek baie treinry. maar die is slegs geldig buite oggendspitstye. Met die dat ek my eerste gesprek met 'n treinkonditeur gehad het. gelukkig sit ek met 'n kaart op my skoot en vra 'ekskuus' in plaas van 'pardon'. ek is vergewe sonder 'n boete, maar moes by die volgende stasie uitklim en wag tot na 9h00 as spitstyd om is. Ek jok, ek was al voorheen voorgekeer toe ek onwetend in eersteklas sit i.p.v 2de.
In Baarn het ek 'n voorsmakie van 'n taalkursus gehad. Ons is 7 au pairs - van Poland, Yoguslawie, Swede ens. Ons sing liedjies en leer grammatika ens. ek sal by die gevorderde kursus inval. Sien baie uit. Daar is een Sweedse meisie, Sofia, met wie ek goeie vriendinne kan raak.
Ek is toe Hilversum toe - moderne dorp met selfs 'n Mac rekenaar shop. ek het 'n digitale kamera gekoop so berei julle voor op 'n visuele sensasie.
Ek was gistraand by 'n strykkwartet uitvoering by die Walter Maashuis. Dis 'n huiskonsert kamer en saam met die musikante was ek weer 40 jaar jonger as die gehoor. Hulle het Mendelsohn en Haydn gespeel. dit was fenominaal en heerlik om weer in 'n konsert te sit. Die groep se naam is Matangi kwartet. Het my sommer geinspireer om weer te komponeer en myself te verdiep in interpetasie.
Wat die dag so perfek afgerond het, was my laaste fietsry vanaf die konsert om 22h00, in die koue na my huis wat gerieflik 2 strate weg was. die hele dag was mistig en werklik vir die eerstekeer koud.
Ek voel tuis, tevrede en geinspireerd.
maandag, november 27, 2006
En die volgende - Brussels
Ek sal verseker teruggaan en lank daar rondwandel.
Die Hietink grootouers is wonderlik. Dolly leer haarself Italiaans en sy en Reinco toer graag. Sy het self athrietis en osteoperose, maar niks hou haar terug nie. Ons het saam met die kinders Sondag 'n heerlike wandeling in een van die nabye woude gaan neem. Sy is 'n ouma so uit die boek - dis sjokolade mousse, letterkoekies, volle toegeruste speel-speel kombuisie vir die kinders. (ons moes elke oggend eers hulle ontbyt uit 'Alfreco' eet waaraan die dogtertjies die hele oggend gewerk het)
Ek moet nou elke aand vir die dogtertjies 'Slaap my kindjie' sing (ps. ek moet die regte woorde kry - ek maak my eie op tot sover). Dan eet die grootmense en ons gesels heerlik in Nederlands en drink franse wyn. Natuurlik hoor ek alles oor die Hietink gesin en ons praat ure oor die kinders.
Maar Brussels sien my verseker weer!!!!