Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, december 25, 2006

Deutschland - meine dame und herr

Meine Dame und Herr”

Dis verseker hoe ek my Duitsland-toer sal onthou. Ek het so baie treingery en so baie my ore gespits vir stasies en tye dat hierdie sinnetjie my senuwees prikkel as ek dit hoor. Ek het heel tuis gevoel in Duitsland. Selfs die taal was vir my ‘n lekker uitdaging om te ont”syfer”. Ek het wel besef dat ek ‘n klein bietjie bevooroordeeld is teenoor Duitsers. “Wêreld diktators” en “ eurosentriese reisigers”. Maar ek het wel versag na gluhwein, crepes en geroosterde neute. Die hoofdoel van my besoek was die kersmarkte en EK HET GE-WEINACHTFEST! Die treinreis was absoluut die moeite werd. Ek het sulke wonderlike sitplekke gehad – selfs heel voor by die bestuurder se kajuit. Om alleen te toer was vir my baie effektief. Ek konsentreer net op myself en raak geirreteerd net met myself. Lienka se opinie dat ek ietwat rigting bedonderd is, is bevestig, maar selfs hier is ‘method in the madness’. Ek het altyd beland waar ek moes. Ek het plekke gesien waar ek nie sou gegaan het nie, maar geweldig sou uitmis. Ek het rigting, maar dis die detail en geduld wat ek nie noodwendig het nie.Met my terugkom besef ek ook dat Nederland my plek is en dat dit hier veel mooier is as in Duitsland. Nie dat ek ‘n oorlogkundige is nie, maar na 60jaar is Duitsland nogsteeds besig om hulle pragstede te herwin. Bou boeties, bou

Geen opmerkingen: