Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, november 27, 2006

En die volgende - Brussels

Ek was die naweek by Reinier se ouers, Dolly & Reinco Hietink in St Genius- Rode, net buite Brussels.

Ek was miskien 3ure maks in Brussels middestad, maar ek het so gevoel dat dit my volgende blyplek kan word. Ek vind Brussels klassiek, romanties en ongelooflik mooi. Dit is 'n mengsel van Franse en Nederlandse invloede.


Ek sal verseker teruggaan en lank daar rondwandel.

Die Hietink grootouers is wonderlik. Dolly leer haarself Italiaans en sy en Reinco toer graag. Sy het self athrietis en osteoperose, maar niks hou haar terug nie. Ons het saam met die kinders Sondag 'n heerlike wandeling in een van die nabye woude gaan neem. Sy is 'n ouma so uit die boek - dis sjokolade mousse, letterkoekies, volle toegeruste speel-speel kombuisie vir die kinders. (ons moes elke oggend eers hulle ontbyt uit 'Alfreco' eet waaraan die dogtertjies die hele oggend gewerk het)

Ek moet nou elke aand vir die dogtertjies 'Slaap my kindjie' sing (ps. ek moet die regte woorde kry - ek maak my eie op tot sover). Dan eet die grootmense en ons gesels heerlik in Nederlands en drink franse wyn. Natuurlik hoor ek alles oor die Hietink gesin en ons praat ure oor die kinders.

Maar Brussels sien my verseker weer!!!!

6 opmerkingen:

Adam zei

Ek het jou gevind!!! Dit het 'n klein soktoggie geverg, maar daar is hy nou.

Dit klink of jy sover 'n baie lekker tyd daar oorkant het.

Enjoy.

Adam zei

WIEGELIEDJIE (Slaap, my kindjie, slaap sag)

Woorde: JAN F.E. CELLIERS
Musiek: JOHANNES BRAHMS; Op. 49 nr. 4

Slaap, my kindjie, slaap sag, onder rose vannag.
Eers die armpies om my nek en dan warmpies toegedek.
Môre vroeg, as God wil, word my kindjie gewek;
môre vroeg, as God wil, word my kindjie gewek.

Slaap, my kindjie, slaap sag, onder eng'le se wag;
hulle toon jou in 'n droom kindjie Jesus se boom.
Slaap nou soet, hulle wys jou 'n droomparadys,
Slaap nou soet, hulle wys jou 'n droomparadys.




(My plesier...)

Lize zei

adam jy is 'n ster. hoe het jy my gekry. ek moet aan ander verduidelik

Adam zei

Lize, Google is jou vriend...

Adam zei

Lees alweer soos my gat. Dog jy vra waar het ek die woorde gekry...

Ek het op blogspot se search enjin gesoek. Jy het net die verkeerde URL gegee.

Jou URL is eintlik:

http://lize-living.blogspot.com/

km zei

hello lize

ek't jou ook nou met 'n effense soektog opgespoor.

come to think of it, ek dink zanta het my so half en half op die suzuki metode leer viool speel. of probeer, altans. want ek kan nie viool speel nie, en is nie seker dat ek ooit kon nie. dalk was dit 'n laaste alternatiewe uitweg.

dis al vir weke daagliks rondom 12C in londen; blykbaar kom die eerste groot koue gewoonlik eers net voor kersfees. kersfees hier gaan my irriteer. die excess maak my naar. ons kantoor gaan die naweek berlyn toe vir ons kersfeesete. (ek weet, dis belaglik.) so doen ek my deel vir global warming.


andersins nie veel nuus nie, ek verlang huis toe; en ek's nou maar eers drie weke terug.

was in sept in brussels en brugge; dit was aangenaam maar oninteressant; ek't gedink die mense is taamlik onvriendelik. brugge was oulik.

ons kom volgende jaar nederland toe; ek sien vreeslik uit, ek hou van nederland. en ek hou van oranje.

bly jy is happy. tot later.