Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

dinsdag, mei 29, 2007

Parys





Ek was al langer as 'n week gelede in Parys en nou moet ek nadink. Binne die eerste uur het Parys jou hart gestreel. Mens kry 'n sagte glimlag as jy vir die eerste keer deur die strate stap en die balkonnetjies sien en die franse gesprekke hoor. Dan besef jy opeens jy is nou in PARYS en jy spring op en af en lag hardop. Janita het my op Paris Nord ontmoet en wat so ongelooflik was, is dat ons vinnig gegroet het en opeens begin gesels asof ons mekaar gister laas gesien het. Sy het vir ons 'n oulik kamertjie gereël in die Latin Quater en ons kon onmiddelik verken. Sy was nou al 'n week in Parys en kon my gou op 'n loop verby die groot merke vat. Chat-chat al die pad, so sonder om vir mekaar te kyk, maar eerder in die lug kommentaar te lewer op alles wat ons sien. Dit was effens bewolk en ons het amper gedink ons gaan papnat op die Eiffeltoring moet oh-ah. Verrassing toe ons bo kom - oopgetrek en vars sonsondergang. Champanje-tyd!
Die landmerke in Parys is so imposant (kan ek dit so beskryf?). Die Arc de Triomf straal nasionale trots uit en die Eiffel ook. Jy kan dit net nie mis nie. En Parys lyk nes die geadverteerde Parys. Of dit op film, boek of plakaat was, Parys lyk so.
Om te toer saam met Janita was 'n fees. Sy is 'n lopende wikipedia. Wat ook lekker was is dat sy absoluut tyd neem om die detail te geniet. Ons het na al die detail op kerke en vensters gekyk en al die info-bordjies gelees. Janita het seker gemaak ek kry 'n goeie oorsig oor al die 'main attractions' en dan was daar sulke puur-Parisian oomblikke soos kaas en broodjies eet op 'n bankie in die Notre dame se skadu, croissants in
die oggend met sterk franse koffie waarmee ons hardloop verby die broodfees voor die Notre dame, straatkafeesittery, Rodin standbeelde betas ens.
Saterdag is ons Versailles toe - die grootste paleis in Europa. Ons 'audio tour' deur al die minaresse se kamers en hulle chill kamers ens. Ons kom eers later by die pragtige operahuis en kapel. Daar het 3 500 adellikes gebly in Versailles en met die was die paleis soos hulle dorp. Die kamers is gegoud en geskilderd en ge-oordoen. Adellikheid het hier sy definisie gekry. Maar die mooiste was die tuine met duisende fonteine. Ek kon myself daar sien rondloop vir nog baie lank. Maar die wyn het my en Janita geroep en ons was reg om te fantiseer oor ons koniklike never-neverland. Die Sondag is ons St Denis toe waar al die koninklikes begrawe is. Van paleis tot ondergrond. Ons laaste stop was Montmatre en die Sacre Coeur katedraal. Dis 'n wit moderne katedraal op 'n heuwel - vir die wat nie weet nie. Die interior is modern en amper 'Latin-American catholic' - soos goue harte met aortas ens op die beelde en helderkleurige mosaiekwerk. Montmatre is waar Picasso en Van Gogh ook inpirasie kom soek het - o.a. The moulin rouge. Die plek is wat Melville moes gewees het. Eksentriek! Daar is nog soveel wat ek kan vertel, maar miskien moet ek dit hier laat. Ek was so geinsprireerd met my treinrit terug dat ek my Europa-boekie van voor tot agter bestudeer het. waarheen volgende?

Gaan Parys toe - eendag!

donderdag, mei 10, 2007

Toevallighede

As mens op riglyne leef en spasie los vir improvisasie en verandering dan gebeur daar baie verrassende toevallighede. Soos om rofweg jou pad uit te werk en dan net te ry, maar hier en daar af te swenk soos jy interessante dinge raakloop. My wyse vriend De Wet het gesê :"lize, jy is 'n A tot B mens. Jy hou nie van skielike verandering in die planne nie." Dit was altyd so, maar 'I've changed - HA'.

Hier is 'n paar plekke en dinge wat ek toevallig op afgekom het.

Kasteel Broekhuizen
Ek was oppad Rhenen toe en hier tref die bordjie Broekhuizen my. Ek was toevallig al in 2001 met die koor hier en het 'n foto van my en 2 ander vriende wat die dag 'colourcoded' was saamgebring na Nederland. Al die tyd was dit nie die dorpie Borekhuizen nie, maar Leersum net langsaan waar ons gesing het. Broekhuizen is slegs die kasteeljuweel in die area. Ek het heerlik op 'n bankie gaan sit, op die kasteel landgoed uitgekyk en ge'lunch'.















Amerogen
Pragtige herenhuis van Van Rhede hier in Amerogen. Die mooiste ou dorpie met pragtige bosse!
















Culemborg
Jan van Riebeeck het hier sy jeug spandeer. Ook 'n pratige groen stad met 13Eeuse stadsmure nog.




















Almere







Die stad is langs die Ijselmeer en die uitsig is pragtig. maar somehow doen die Nederlanders niks opwindends met die omgewing nie. Bou aaklige praktiese woonsteltorings en massa 'bewoningsareas'. Maar dan skielik kom daar paar argitektuur prikkels deur en jy kan weer iets moois waardeer.













Diere in Nederland
Die lewe van koeie en skape is idilies hier. Kan ek reinkarneer as 'n lammetjie eendag.


















Nog iets wat ek besef het is dat ek so bewus is van bome, want ek sit heeldag op die 3rde verdieping en sien vir die eerste keer bome vanaf die mikke.

dinsdag, mei 01, 2007

Koniginne dag


Miljoene mense skryf seker vandag oor hulle Koniginnedag ervarings. Dit was wild, groot, chaoties en werlik iets wat ek nie verwag het nie. Almal het gesê Koniginne dag is groot en jy sien net oranje ooral, maar om dit te beleef was iets besonders. Nederland draai op haar kop op 30 April. Vanaf die vorige nag is daar grootskaalse partytjies aan die gang. Ek was die aand in Utrecht. Op elke plein is daar ‘n partytjie. Die plein het ‘n verhoog, goeie beligting, vele bierstalletjies en hordes mense. Nee, ek bedoel HORDES. Dit was fantasties om goeie dansmusiek te hoor reflekteer teen ou geboue. En die massas dans! Die grootste party was in die Domplein (ja, die Utrechtse kerkplein). So verbeel julle groot kerktorings wat tril op woeste ‘drum and bass’. Fenominaal. Ons het gedans en gedans en toe die meisie agter my op my romp opgooi, toe besef ek dis tyd om te gaan.

Maar die partytjie het voortgegaan tot in Koniginnedag in. Ons is die oggend Amsterdam toe. Ons het oranje naels, oranje pette, krone en allerande ander snaakse versierings. Die treine is vol oranje mense en die strate in Amsterdam wemel. Daar is verkeersknope in die grachte, daar is mensknope op elke straat, maar die musiek dreun en almal gaan te kere. Ons kom uiteindelik by Museumplein uit en daar is die hele grasperk (so 3 rugbyvelde) vol mense. Daar is elke 15min ‘n nuwe gaskunstenaar. Ons was ‘n paar mense wat gegaan het en het mekaar konstant verloor. Gelukkig het Dominique ‘n oranje roos gehad, wat sy in die lug gehou het sodat ons dit oor die massas kan sien. ‘Volg die roos’. Behalwe vir die parties is Koniginne dag ook ‘n vrymarkdag, waar mense al 6uur die oggend hulle stalletjies opsit. Jy moet jou plekkie al vroeg afbaken. Almal verkoop hulle ‘spulle’ (goeters). In Vondelpark het paar kinders ook musiek gemaak, of speletjies laat speel. Daar was selfs ‘n vrou wat cocktails vir jou kon maak. Die oulikste verskynsel vir my is mense wat ‘Free huggs’ uitdeel. Te oulik.

Ek kan bladsye hieroor skryf, maar ek dink foto’s verduidelik dit die beste.
Maak ‘n plan om volgende jaar hier te wees vir koniginne dag.