Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, december 25, 2006

Kersfees 2006

Aan al my geliefdes, Geseënde Kersfees vanuit Nederland.
Ek was Kersfees hier in die stamland en vertrek more weer na Kopenhagen. Ek het my Duitse memoirs op die blog gesit. Verskoon die yl fotos. Ek werk nog aan die angles.
Kersfees in Nederland was fantasties. Ek was die aand Utrecht toe en vir die wat nie weet nie, Utrecht is bekend vir hulle pragtige klokke in die Dom. Ons het die aand na die handklokspeler gekyk op 'n skerm in die Domhof, terwyl hy die klokkespel repetoir van 6 liedere laat weerklink oor Utrecht. Die handklokspeler lyk soos 'n orrel met stokke vir klavers. Die klokspeler slaan die dan en die klokke word gelui. Pragtig.

Wag, daar is nog.

Van daar skuif ons na die Dom toring wat een met 'n brug aan die Dom verbind was, maar gedurende 'n aardbewing afgeskeur het. Ons is na die biskopkapel en daar is 'n uitvoering van antieke kersliedere gesing deur 'n tenoor en begeleid deur 'n bas lieter. Toe stap ons op na die solder en 13 klokluier in rooi hemde begin aan die 30 ton kloktoue hang en 'n ongelooflike weerklank versprei oor Utrecht. Hierdie is 'n tradisie wat hervat word na 300 jaar.


Toe ek uitstap 22h00 is daar 'n lang tou voor die Dom vir die Kersnag diens. Ek stap toe maar net oor en woon die diens by. Die diens is stampvol en ek sit op die trap. Maar die Domkoor sing Poulenc en daar is 'n vroue hoof dominie. Dit was fenominaal.

Vanoggend is ek na die Woudkapel hier naby vir die diens. Aaklige Zangkring gemeenskap koor wat 2 tone verskillend van die orrel sing, maar die predikant was great. Die middag is 'n regstreekse vertoning van RAAI WAT - Beethoven se Simf 9 in die Konklike konsertgebou in Amsterdam. Oe en ek weën, want die ervaring oorweldig my.

Prettige Kersfeest almal!

1 opmerking:

km zei

my liefste lize

ja lekker baxpax in berlyn.. ons was ook daar; die gawe mense by die ontvangsarea het vir my 'n ekstra kombers gereel en toe't ek lekker daar geslaap.

berlyn argitektuur is all glass, baie klinies, baie perfek, min siel.

mense in berlyn is uber-onvriendelik; katrin in my kantoor se die res van die duitsers verwys na die "berliner snautsche" (spelling?) - snoet, anyway - as 'n beskrywing van die neus-in-die-lug ongeinteresseerde berliner attitude.

op die goeie nuus front: temperature in londen gaan teen die naweek dramaties verbeter, saterdag se voorspelde max is 15C. ja inderdaad. lize kom londen toe.

geseende kersfees vriendin.