Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, december 25, 2006

Leipzig – Musici meesters

Al het Leipzig my ietwat teleurgestel as ‘n mooi ou stad, was ek geweldig emosioneel en in ekstase toe ek Mendelsohn en Bach se huise besoek het. Om ‘n groot gees soos Mendelsohn in te dink in so ‘n klein eenvoudige huisie was vir my aangryplik. Ek was die enigste toeris die dag. IS MENDELSOHN NIE VIR ALMAL BELANGRIK NIE!!!! Hy was ‘n groot famlieman en ‘n introverte musiekmeester. Leipzig se kulturele stempel het baie te danke aan kom. Ek was so aangegryp deur sy storie dat ek sommer sy kritici soos Wagner kon veroordeel – al is ek ook ‘n Wagner fan. Dan loop jy verder en betree die BACH SPHEER. Ja jy voel die wonder in die atmosfeer. Die Thomas kerk waar hy koormeester was is net omvou in intieme wonder. Sy museum wat oorkant die kerk is, is baie interresant, maar dit mis OEMF. Vir ‘n groot gees soos Bach kon hulle maar wragtig ‘n bietjie meer moeite gedoen het. En ek verpes Duitse museums. Hulle het nie ‘n saak met internasionale toeriste nie. ‘n Engelse toeris kry ‘n afgerolde boek met al die beskrywings. Nog ‘n voordeel van alleen-toer is dat ek rustig deur museums kan stap. Ek lees en luister na alles. Ek kan ure net in ‘n kamer wandel en ek hoef glad nie te kommer om by iemand anders se pas by te bly of te akkomodeer nie.(Pappa, kom ons begin ‘n internasionale museum uitstalling besigheid – daar is ‘n behoefte)

Geen opmerkingen: