Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, december 25, 2006

Frankfurt – Chicago?

Ek kan indink dat hulle seker Frankfurt vergelyk met ‘n moderne stad. Skylines, ‘n kanaal, banke en ‘n dash of culture. Waarom Frankfurt – wel omdat ek wou sien waar die boekfair gehou word en al die groot Duitse banke is. Behalwe dat Goethe se huis hier is, weet ek nie noodwendig of jy Frankfurt ‘n kultuur historiese stad kan noem nie. Daar is die Romer distrik, wat tradisionele Duitse huisies het en die staats-operahuis. Ook pragtige brue en snaakse boomlanings.


Maar verder is die luukse inkopies strate soos Zeil ens. Ek wou jazz gaan doen, maar was teen my laaste aand redelik moeg, koud en verkoue. My hostel was ook klipgooi van die stasie (ook klipgooi vir vinnig sex shop plesier vir aaklige mans) Ja, die laaste sin sal ek oor uitbrei – het een dude gesien wat by een ‘shop’ uitloop en wraggies in ‘n ander een weer instap. Skies vir my oordeel en persepsie, maar hy lyk arm, vuil en effens dronk. Wil nie eers verder daaroor dink nie.

Daar is geen kersmarkte in Frankfurt nie, so om my gluhwein ontrekking te stil is ek fliek toe. Ek wou die Duitse oorklank van The Holiday gaan sien, maar eindig toe maar in die oorspronklike engelse een. Ek het Jude Law en Camerone Diaz geniet. Suid-Afrikaanse teaters is by verre meer luuks as die in Frankfurt. Hulle kom maak nie die popcorn-strooisel skoon nie en dit ruik effens na – toemaar.
On the positive side – het ek die Kommunikasie museum besoek en ook ‘n Aussie/bietjie Kiwi, Simone ook ontmoet wat vir ‘n werksonderhoud by ‘n hotel gekom het as ontvangsdame. Shame, sy bly in die hostel oor kersfees.

Hier is die tipe kombuis wat ek eendag wil hê. Eenvoudig en hout.

Geen opmerkingen: