Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

vrijdag, december 15, 2006

Desember toerplan

Ek is amper oppad vir my Desember vakansie. Hier is my reisplanne - sommer vir rekord, prikkeling en belangstellendes.

17 des- vertrek per trein na Berlyn. bly in sentrum. ontmoet moontlik ewald se vriend fabian.
18 des - besoek die aan Dresden vir 800 jaar oue kersmarkt
19 des - leipzig vir die dag.
20 des - vertrek na Munchen.
21 des - Munchen op en af. Jazz en kerst
22 des - vertrek van Frankfurt.
23 des - verken Frankfurt en Bonn- moet Beethoven Simf 9 CD hier koop
24 des - terug met trein na Utrecht en is die aan by Domtoring klokkespel funksie
25 des - oggend kerkdiens in Woud Kapel hier by ons
26 des - vlieg na Kopenhagen, Denemarke en bly in 'n kamer met 14 mense!!!!!!
27 des - verken Copenhage en Rostilde
28 des - verken Helsigor en omgewing
29 des - vlieg laatmiddag na Londen, Gatwick. ontmoet Yolandi daar
30 des - 2 jan - party,party party!
3 jan - terug na Nederland.

Ek het 'n lys wat ek wil sien ooral. groete

3 opmerkingen:

Retha zei

Lize dit is heeltemal te min tyd wat jy in Berlyn gaan spandeer!! Hoop jy het planne om terug te gaan. Daardie plek leef!! Dit is baie spesiaal. Jy moet teruggaan. Belowe!

Lize zei

oi - maybe is ek al 3 dae daar. wetie, sal sien. het darem 'n cool toergidsie wat my sal rondwys.

jou blog is baie spesiaal hoor. OE sien so uit na Lara!!!

Adam zei

Lize, dit klink voorwaar heerlik! Ek gaan dit seker nog 100 keer sê, maar ek beny jou!

Geniet dit namens ons. En dink aan myur Desember moet swot. My eerste exam is die 15e Jan.

Tarra, en merry xmas!