

Nee dit was Dresden wat my voete onder my uitgeslaan het. Instinktief het ek presies geweet waarheen om te gaan en ek was die ene borrelende toeris, met rooi wange (koue en gluhwein mengsel). Die stad is mooi van stasie toe agterplasie. Die geboue is groot en magtig. Geweldig indrukwekkend. Miskien het die nagligte ook die vuur aangestook. Die groot aantreklikheid is die Zwinger, wat ‘n paleisgebou is. Ook die Spriezelmarkt en Frauekirche. Waar ek die meeste rondgetrippel het was die Spektakel mark in die Schloss hof. Dis ‘n middeleeuse kersmark, met uitstallers wat aangetrek is volgens tema. Selfs die kindervermaak is soos in die middeleeue – hout mallemeules. Wat vir my great was, was dat al die






Geen opmerkingen:
Een reactie posten