Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

zaterdag, december 09, 2006

Alles in een op Westmaas


Hierbo is die huis van my ouma se oupa se broer, Dr C.E. van Koetsveld.Hy was die grootste figuur wat uit Westmaas kom omdat hy hofpredikant van die koninklike huis onder Koning Willen 3 was. Hy het 5 staatsbegrafnisse gehou en Koningin Wilhelmina, huidige koningin Beatrix se moeder, gedoop. Hy het meer as 100 boeke geskryf oor vrouens, diere en kinders in die Bybel en ook selfs kinderboeke. Van sy boeke word nou nog as studiebronne op universiteite gebruik.
Ek is na Westmaas om 'n boeke namens my ouma vir Mnr Henk van Etten te bring. Hy bly sy hele lewe lank al in Westmaas en het met C.E. van Koetsveld se boeke oor Westmaas en allerlei begin versamel.

My dag se hoofdoel was om die boeke te gee, maar saam is ek toe verdiep in my familie geskiedenis. Maar daar het vir my nog 'n grooter verrassing gewag. 'n Ontmoeting met 'n ongelooflike mens.
Mnr Henk van Etten het in die ministrie gewerk in Den Haag, maar toe is sy vrou in 'n motor-ongeluk en vir 6 maande in 'n koma. Daarna word sy wakker maar is verlam met breinskade. Henk is nou haar voltydse versorger. Hy het opgehou werk en versorg haar nou al vir 10 jaar.
Ons het die hele middag oor sy boekversameling, Westmaas, Nederland en sy vrou gesels. Die hele middag was vir my een groot les. Om deel te wees van so 'n mens se dag het my oë laat oopgaan.

Die feit dat ek nou 'n stukkie van my familie-geskiedenis in lewende lywe ervaar het, was vir my net so AMAZING.

Nederland en al haar verrassings!

Boekkas vol van C.E.vK se boeke wat Henk versamel het. Dit staan in sy sitkamer.

1 opmerking:

Adam zei

Wat 'n ervaring! Wow!

My voorvaders kom vanuit Leeuwarden, in Noord-Nederland. Ek sal self eendag soontoe wil gaan om te gaan kyk of daar nog enige traces is...