Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

donderdag, november 01, 2007

Oh – Oktober het oorgevlieg

Skud die koppie- waar was Oktober? Verseker verbygevlieg.
Wat wel gebeur het is die Herfs het verskyn – onmisbare gele, rooie en sjokoladebruine. Ek is gek daaroor. Die vroeë oggende ry ek en die kinders met ons fietse as bende skool toe – blitse Bilthoven bende.En ons tel blare op, wikkel ons koue neuse en babbel die hele fietspad deur. So gepraat van babble – liefste Lida het arriveer in Oktober. Sy bly nou in Leiden en ek geniet haar babbels alreeds. (terug in die trippelkamerJ)

Maar soos goeie Oktober op Tuks is, is Oktober in UvA (Universiteit van Amsterdam) ook studie en eksamentyd. Ek geniet die Kulturele indurstrie studies baie. Elke week 8 arikels om deur te werk, definisies, case studies, klasdebatte en ‘n Wallstreet journal optel langs die fotostaat masjien. Alles is ge’net’ hier, so punte, klasnotas, e-mails, digitale biblioteek etc. Maar super kalm. Nederlanders is kalm oor die lewe hoor. Al die probleme word gespoel deur die fietsspin en die los vanself op. Salig!

Bietjie inspirasie uit Utrecht

Maastricht

Ek was uiteindelik in Suid-Nederland. Ek het gaan kyk hoe Louise optree in die Musica Sacra festival in Maastricht. Sy bly as tipiese drama student lekker sentraal in Maastricht in ‘n bo-vertrek(e) met hippies as verhuurders. Ek was geweldig geinspireerd deur haar toneelgroep se ‘play’ – lampe wat gedim op skouerhoogte hang oor die hele verhoog en ‘n ‘footage’ effek waar die akteurs se interaksies live as ‘close-ups’ geprojekteer word in die agtergrond. Ek geniet absrakte vertonings so baie – geniet die intripitasie-vryheid.
Sondag was ‘n heerike kontras op die abstrak-indulgence – ons vat ‘n Sondagoggend bus deur Suid-Limburg (die provinsietje). En hier voel ek onmiddelik soos ‘n hobbit tuis in The Shire van Lord of the Rings. Ek speel selfs die filmmusiek in my kop terwyl ons ry. Ja, hier lê Nederland se bergies – rollende weilandbergjes, koeie, klein huisies, skapies en dikke groen gras. Heerlike Sondagtrippie.

Dit was erg gezellig so met Louise en haar moeder in Maastricht. En ons is getreat – langs die water by master-chef restaurant geeët, gegiggel tussen die borrels, geluister na die Linburgse vloeidialek van mengsel tussen frans, duits en nederlands en net gevoel asof die lewe moet gebaseer word op lang etes.

Ons laaste ‘event’ was ‘n goeie komedie – Death at a Funeral. Skreeu-snaaks, een van daardie wat die trane laat rol. En toe is die lekkerkry klaargekry en ek ry my twee-uurtjies terug huis toe vir nog ‘n vol week van basiese huistake.