Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, december 25, 2006

Kersfees 2006

Aan al my geliefdes, Geseënde Kersfees vanuit Nederland.
Ek was Kersfees hier in die stamland en vertrek more weer na Kopenhagen. Ek het my Duitse memoirs op die blog gesit. Verskoon die yl fotos. Ek werk nog aan die angles.
Kersfees in Nederland was fantasties. Ek was die aand Utrecht toe en vir die wat nie weet nie, Utrecht is bekend vir hulle pragtige klokke in die Dom. Ons het die aand na die handklokspeler gekyk op 'n skerm in die Domhof, terwyl hy die klokkespel repetoir van 6 liedere laat weerklink oor Utrecht. Die handklokspeler lyk soos 'n orrel met stokke vir klavers. Die klokspeler slaan die dan en die klokke word gelui. Pragtig.

Wag, daar is nog.

Van daar skuif ons na die Dom toring wat een met 'n brug aan die Dom verbind was, maar gedurende 'n aardbewing afgeskeur het. Ons is na die biskopkapel en daar is 'n uitvoering van antieke kersliedere gesing deur 'n tenoor en begeleid deur 'n bas lieter. Toe stap ons op na die solder en 13 klokluier in rooi hemde begin aan die 30 ton kloktoue hang en 'n ongelooflike weerklank versprei oor Utrecht. Hierdie is 'n tradisie wat hervat word na 300 jaar.


Toe ek uitstap 22h00 is daar 'n lang tou voor die Dom vir die Kersnag diens. Ek stap toe maar net oor en woon die diens by. Die diens is stampvol en ek sit op die trap. Maar die Domkoor sing Poulenc en daar is 'n vroue hoof dominie. Dit was fenominaal.

Vanoggend is ek na die Woudkapel hier naby vir die diens. Aaklige Zangkring gemeenskap koor wat 2 tone verskillend van die orrel sing, maar die predikant was great. Die middag is 'n regstreekse vertoning van RAAI WAT - Beethoven se Simf 9 in die Konklike konsertgebou in Amsterdam. Oe en ek weën, want die ervaring oorweldig my.

Prettige Kersfeest almal!

Bonn – Be-beethoven

Bonn se claim to fame is Beethoven en dit was ook my groot doel. Ek het n groot glimlag gegee toe ek weer my geliefde Weinacht markte sien. Die Beethoven huis is klein en eers aan die einde van die 12 kamer uitstalling eindig jy in die kamer waar hy gebore is en dus ook Bonn verlaat op ouderdom 14 dink ek. Maar, nie te min, die uitstalling en Beethoven versameling is indrukwekkend. Van sy haarlok, klavier, briewe, viool en gehoorstukke word daar uitgestal. Die kurator-assistant het teen die einde my aan die arm gevat en gevra – there is a concert in 10minutes. COME and attend. Die konsert was ‘n 3D voorstelling van Fidelio, Beetohoven se enigste opera. Jy moet funky 80s 3D brille opsit en dan speel die surround-sound. Daar is ook 4 pillare met monitors op wat die 4 karakters voorstel. Jy kan die monitors beweeg en so die karakters en hul klank beweeg deur die kamer. Was baie innoverend. Beethoven se invloed is onmeetbaar. In elke groot kultuurstad is ‘n standbeeld of huldeblyk aan hom. Ek koop my Deutsche Grammaphone Simf 9 met Jesse Norman en Domingo as soliste en die Weense orkes. Ek was nie lank in Bonn nie, want my neus het geloop en my hande afgevries. Maar ek vat my laaste Gluhwein sluk en is tevrede met my Duitse ervarings.

Frankfurt – Chicago?

Ek kan indink dat hulle seker Frankfurt vergelyk met ‘n moderne stad. Skylines, ‘n kanaal, banke en ‘n dash of culture. Waarom Frankfurt – wel omdat ek wou sien waar die boekfair gehou word en al die groot Duitse banke is. Behalwe dat Goethe se huis hier is, weet ek nie noodwendig of jy Frankfurt ‘n kultuur historiese stad kan noem nie. Daar is die Romer distrik, wat tradisionele Duitse huisies het en die staats-operahuis. Ook pragtige brue en snaakse boomlanings.


Maar verder is die luukse inkopies strate soos Zeil ens. Ek wou jazz gaan doen, maar was teen my laaste aand redelik moeg, koud en verkoue. My hostel was ook klipgooi van die stasie (ook klipgooi vir vinnig sex shop plesier vir aaklige mans) Ja, die laaste sin sal ek oor uitbrei – het een dude gesien wat by een ‘shop’ uitloop en wraggies in ‘n ander een weer instap. Skies vir my oordeel en persepsie, maar hy lyk arm, vuil en effens dronk. Wil nie eers verder daaroor dink nie.

Daar is geen kersmarkte in Frankfurt nie, so om my gluhwein ontrekking te stil is ek fliek toe. Ek wou die Duitse oorklank van The Holiday gaan sien, maar eindig toe maar in die oorspronklike engelse een. Ek het Jude Law en Camerone Diaz geniet. Suid-Afrikaanse teaters is by verre meer luuks as die in Frankfurt. Hulle kom maak nie die popcorn-strooisel skoon nie en dit ruik effens na – toemaar.
On the positive side – het ek die Kommunikasie museum besoek en ook ‘n Aussie/bietjie Kiwi, Simone ook ontmoet wat vir ‘n werksonderhoud by ‘n hotel gekom het as ontvangsdame. Shame, sy bly in die hostel oor kersfees.

Hier is die tipe kombuis wat ek eendag wil hê. Eenvoudig en hout.

Munchen – Duitse Glam

Renier het by my die verwagting geskep dat Munchen die beste stad ooit is – sy tweede huis. (Oktoberfest miskien?) Vir my het dit ‘n rukkie gevat om Munchen se skoonheid en kultuur te verstaan. My mede treinreisiger (jong voetbalspeler wat dik nuwe mitologieboeke en Chinese skryfstyl boeke lees, en wat nog nie in Frankfurt was nie, maar wil na die Mexikaanse piramides gaan kyk) het gesê dat volgens hom die stad te min geld spandeer aan restorasiewerk. Hy dink Leipig is mooier. As jy by die stasie uitloop, en bietjie rondverdwaal is dit soos Pretoria middestad (oordrewe), maar stap bietjie na die middel en ‘n ryk Duiste juweel word gevind. Vir die eeste keer sien ek vrouens en mans in pelsjasse wat verby Veton, Gucci en Armani winkels stap. Munchen doen Kersfees baie meer stylvol as in Berlyn. Die Residenze was die paleis van Duiste keisers van die 13- 17 eeu. Dit het my laat terug dink aan die Schonbrunner schloss in Wenen. As jy my los in ‘n museum soos die raak ek heeltemal verstengel in ‘n fantasie/geskiedenis verhaal. Op die sosiale front het Munchen natuurlik ook verrassings opgelewer. Ek bly in die Meineger Hostel, 800m van die stasie en daar ontmoet ek vir Veronika (Asier meisie van North Carolina wat ‘n uitruilstudent in Madrid is. Sy doen Spaans, maar kan glad nie praat nie.) en Sonja (Suid-Koraan wat uitgaan met ‘n Duitser van Munster en Engelse literatuur in London swot – gebroke engels). Ons gesels heerlik en ons hoof tema is reise en alleen toer. Ek en Veronica gaan na die Duiste bierplek oorkant die straat. Daar land ons in die middle van ‘n spysenieringskool se kersparty.
Ook plaas hulle ons ky die local se tafel. Ons is soos uitheemse lammertjies. Maar ons is braaf, jonk en onervare en bestel groot biere. Vinnig kry ons geselsskap. Dit was goeie geselsskap en die aand het vinnig gegaan.

Volgende aand spandeer ek in ‘n Weinacht konsert met die Paletrina Motetkoor in die Residenze se hofkapel. Die koor word heeltyd begeleid deur ‘n harp. Dit was baie spesiaal. Ek het ook gemaklike manlike duitse geselsskap gehad.
Munchen was vol dinge (oue kultuur en moderne kuns) en Renier ek sal graag weer saam met jou hierheen wil kom.

Leipzig – Musici meesters

Al het Leipzig my ietwat teleurgestel as ‘n mooi ou stad, was ek geweldig emosioneel en in ekstase toe ek Mendelsohn en Bach se huise besoek het. Om ‘n groot gees soos Mendelsohn in te dink in so ‘n klein eenvoudige huisie was vir my aangryplik. Ek was die enigste toeris die dag. IS MENDELSOHN NIE VIR ALMAL BELANGRIK NIE!!!! Hy was ‘n groot famlieman en ‘n introverte musiekmeester. Leipzig se kulturele stempel het baie te danke aan kom. Ek was so aangegryp deur sy storie dat ek sommer sy kritici soos Wagner kon veroordeel – al is ek ook ‘n Wagner fan. Dan loop jy verder en betree die BACH SPHEER. Ja jy voel die wonder in die atmosfeer. Die Thomas kerk waar hy koormeester was is net omvou in intieme wonder. Sy museum wat oorkant die kerk is, is baie interresant, maar dit mis OEMF. Vir ‘n groot gees soos Bach kon hulle maar wragtig ‘n bietjie meer moeite gedoen het. En ek verpes Duitse museums. Hulle het nie ‘n saak met internasionale toeriste nie. ‘n Engelse toeris kry ‘n afgerolde boek met al die beskrywings. Nog ‘n voordeel van alleen-toer is dat ek rustig deur museums kan stap. Ek lees en luister na alles. Ek kan ure net in ‘n kamer wandel en ek hoef glad nie te kommer om by iemand anders se pas by te bly of te akkomodeer nie.(Pappa, kom ons begin ‘n internasionale museum uitstalling besigheid – daar is ‘n behoefte)

Dresden – my duitse romanse

Dit het begin met ‘n treinrit in ‘n kompartement met 5 SA ouens van Johannesburg. Hulle was oppad Praag toe. Hulle eet Sneeuballe (tipiese Duitse kers-lekker) en kla bietjie oor die ewige kersmarkte. Natuurlik lag hulle toe ek sê ek gaan juis Dresden toe omdat hulle die 800 bestaansjaar van die Dresden kersmark vier. Duidelik was hulle nie romatiese materiaal nie.
Nee dit was Dresden wat my voete onder my uitgeslaan het. Instinktief het ek presies geweet waarheen om te gaan en ek was die ene borrelende toeris, met rooi wange (koue en gluhwein mengsel). Die stad is mooi van stasie toe agterplasie. Die geboue is groot en magtig. Geweldig indrukwekkend. Miskien het die nagligte ook die vuur aangestook. Die groot aantreklikheid is die Zwinger, wat ‘n paleisgebou is. Ook die Spriezelmarkt en Frauekirche. Waar ek die meeste rondgetrippel het was die Spektakel mark in die Schloss hof. Dis ‘n middeleeuse kersmark, met uitstallers wat aangetrek is volgens tema. Selfs die kindervermaak is soos in die middeleeue – hout mallemeules. Wat vir my great was, was dat al die stalletjies beman was met hippies – new age jongmense, dreadlocks, lapklere en kristalle. Net om die kultuur te sien voortleef in hulle as renaissance- innoveerders was vir my great. Ek het ‘n terra cotta gluhwein goblet as souvenir. In Dresden kry jy van kersmarkte tot kultuur en van Monet uitstallings tot Wetenskap uitstallings in ‘n ondergrondse tonnel. Oorweldigende stimulasie en absolute presier.

Berlyn – die toeriste stad

Ek ontmoet Fabian, Ewald se vriend op die stasie. Ek kon nie mooi onthou hoe hy lyk nie, maar ons het mekaar riglyne gegee. Hy het homself beskryf as iemand met ‘n effense baard en minder hare as wat ek hom laas gesien het. (duitser?) Ons ontmoet en dit was verseker ‘n great idée om my eerste stad en die groot Berlyn met ‘n local te doen.(Dankie Ewald).Hy dra my tas al die pad na Baxpax hostel waar ek sou bly. Lekker sentraal in Frederickstrasse en baie skoon. Ons het dadelik die Gendamen markt gedoen en gluhwein en bradwurts gehad. Na my tweede kersmark besef ek dat daar ‘n standard resep/uitstalling sal wees dwarsdeur my Duitse toer. Kyk uit vir Nepalse musse, neute, hout kersversierings,bradwurts,kristalle en speelgoed.

Wat my die meeste beindruk het was die Belyn Katedraal. Behalwe vir sy ongelooflike grootheid is daar ‘n grafkelder onder die kerk waar al die keisers ens se kiste is. Die kiste is pragtig en afgrond met ‘n kroonbeeld bo-oop. Die hartseer-gesig was die klein kinderkiste en indrukwekkende loodglasvensters. Ek het baie lank hier rondgedwaal.

Almal rave oor die argitektuur in Berlyn, maar ek moet sê ek het miskien te veel eksentrieke geboue verwag. Duitse argitektuur het ek ervaar as glas-behempt en klinies, maar tog baie mooi.

In die hostel ontmoet ek ‘n meisie wat ‘n Amerikaanse uitruilstudent in Liverpool is. Sy wil ‘n orkesbestuurder word en kombineer dus besigheid en musiek – aha!!! Ook ontmoet ek ‘n ouerige Nederlandse dame van Appeldoorn wat op haar eie rondtoer. Sy is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n alleen wêreldreisiger (van Indie tot Australie, ens). Die aande is net leeg as jy alleen toer en nie noodwendig gemaklik is om ‘n drankie op jou eie te drink by die kroeg nie. So ek het vir my ‘n reeks konserte bespreek. Sy aan die anderkant was al 7uur in die bed.

Berlyn is ‘n great toeriste stad wat goed toerus is vir reis en besigtiging. Die stad is skoon en pragtig oor Kersfees, veral die Unter den Linden wandelpad. Daar is baie museums wat ek net nie gedoen het nie, omdat ek nie tyd gehad het nie. My fokus was kersmarkte.

Deutschland - meine dame und herr

Meine Dame und Herr”

Dis verseker hoe ek my Duitsland-toer sal onthou. Ek het so baie treingery en so baie my ore gespits vir stasies en tye dat hierdie sinnetjie my senuwees prikkel as ek dit hoor. Ek het heel tuis gevoel in Duitsland. Selfs die taal was vir my ‘n lekker uitdaging om te ont”syfer”. Ek het wel besef dat ek ‘n klein bietjie bevooroordeeld is teenoor Duitsers. “Wêreld diktators” en “ eurosentriese reisigers”. Maar ek het wel versag na gluhwein, crepes en geroosterde neute. Die hoofdoel van my besoek was die kersmarkte en EK HET GE-WEINACHTFEST! Die treinreis was absoluut die moeite werd. Ek het sulke wonderlike sitplekke gehad – selfs heel voor by die bestuurder se kajuit. Om alleen te toer was vir my baie effektief. Ek konsentreer net op myself en raak geirreteerd net met myself. Lienka se opinie dat ek ietwat rigting bedonderd is, is bevestig, maar selfs hier is ‘method in the madness’. Ek het altyd beland waar ek moes. Ek het plekke gesien waar ek nie sou gegaan het nie, maar geweldig sou uitmis. Ek het rigting, maar dis die detail en geduld wat ek nie noodwendig het nie.Met my terugkom besef ek ook dat Nederland my plek is en dat dit hier veel mooier is as in Duitsland. Nie dat ek ‘n oorlogkundige is nie, maar na 60jaar is Duitsland nogsteeds besig om hulle pragstede te herwin. Bou boeties, bou

vrijdag, december 15, 2006

Desember toerplan

Ek is amper oppad vir my Desember vakansie. Hier is my reisplanne - sommer vir rekord, prikkeling en belangstellendes.

17 des- vertrek per trein na Berlyn. bly in sentrum. ontmoet moontlik ewald se vriend fabian.
18 des - besoek die aan Dresden vir 800 jaar oue kersmarkt
19 des - leipzig vir die dag.
20 des - vertrek na Munchen.
21 des - Munchen op en af. Jazz en kerst
22 des - vertrek van Frankfurt.
23 des - verken Frankfurt en Bonn- moet Beethoven Simf 9 CD hier koop
24 des - terug met trein na Utrecht en is die aan by Domtoring klokkespel funksie
25 des - oggend kerkdiens in Woud Kapel hier by ons
26 des - vlieg na Kopenhagen, Denemarke en bly in 'n kamer met 14 mense!!!!!!
27 des - verken Copenhage en Rostilde
28 des - verken Helsigor en omgewing
29 des - vlieg laatmiddag na Londen, Gatwick. ontmoet Yolandi daar
30 des - 2 jan - party,party party!
3 jan - terug na Nederland.

Ek het 'n lys wat ek wil sien ooral. groete

zaterdag, december 09, 2006

Alles in een op Westmaas


Hierbo is die huis van my ouma se oupa se broer, Dr C.E. van Koetsveld.Hy was die grootste figuur wat uit Westmaas kom omdat hy hofpredikant van die koninklike huis onder Koning Willen 3 was. Hy het 5 staatsbegrafnisse gehou en Koningin Wilhelmina, huidige koningin Beatrix se moeder, gedoop. Hy het meer as 100 boeke geskryf oor vrouens, diere en kinders in die Bybel en ook selfs kinderboeke. Van sy boeke word nou nog as studiebronne op universiteite gebruik.
Ek is na Westmaas om 'n boeke namens my ouma vir Mnr Henk van Etten te bring. Hy bly sy hele lewe lank al in Westmaas en het met C.E. van Koetsveld se boeke oor Westmaas en allerlei begin versamel.

My dag se hoofdoel was om die boeke te gee, maar saam is ek toe verdiep in my familie geskiedenis. Maar daar het vir my nog 'n grooter verrassing gewag. 'n Ontmoeting met 'n ongelooflike mens.
Mnr Henk van Etten het in die ministrie gewerk in Den Haag, maar toe is sy vrou in 'n motor-ongeluk en vir 6 maande in 'n koma. Daarna word sy wakker maar is verlam met breinskade. Henk is nou haar voltydse versorger. Hy het opgehou werk en versorg haar nou al vir 10 jaar.
Ons het die hele middag oor sy boekversameling, Westmaas, Nederland en sy vrou gesels. Die hele middag was vir my een groot les. Om deel te wees van so 'n mens se dag het my oë laat oopgaan.

Die feit dat ek nou 'n stukkie van my familie-geskiedenis in lewende lywe ervaar het, was vir my net so AMAZING.

Nederland en al haar verrassings!

Boekkas vol van C.E.vK se boeke wat Henk versamel het. Dit staan in sy sitkamer.

donderdag, december 07, 2006

St Nicholas dag – 5 Desember 2006

Ek sou nooit so ‘n ‘pakkies avond’ gehad het as ek nie ‘n au pair was nie. Nederland tref goed onderskeid tussen die religieuse en kommersiële kersfeeste. St Nicholas is ‘n kersvader wat uit Spanje kom. Hy en sy helpers (swarte piete – hulle is swart want hulle kom uit Sapnje?) kom met ‘n stoomboot 2weke voor 5 Desember in Nederland aan. Op TV is daar ‘n spesiale Sinterklaas joernaal wat al Sinterklaas aktiwiteite uitsaai bv sy aankoms, kinders se afwagting (mense slaan tent op by die aankomsplekke) en die Sinterklaas huis waar die pakkies opgemaak word.
Elke kind moet ‘n “verlanglijsje” skryf en aan die Sint stuur. Die swarte piete kyk uit deur die jaar of die kinders soet was en as hulle nie was nie kry hulle geen ‘cadoujes’ nie. Nadat die hele Nederland Sint se bewegings en reëlings gevolg het is alles reg vir die groot aflewering

Ek was die oggend by die kinders se skool waar Sint sou aankom. En interdaad – hy kom met ‘n groot lawaai met Piete op fietse en hy in ‘n Riksa. Hy ry gewoonlik sy perd Americo, maar die wou nog slaap. Die kindes sing Sinterklaas liedjies en die onderwysers word deur Piete op fietse gelaai. Sint skud die kinder se hande en maak geselsies.


Ek is genooi na Florence se klas waar Sint eerste gaan wees. Ag die klassies is so mooi versier en van die kinders het soos Sint of swarte piete aangetrek. Sint en sy SAAG Piet het een van die seuntjies se stoel saamgeneem om korter te maak. Hy bring dit die volgende dag terug.

Die lekkerste van St Nicholaas is pakkiesavond. Die deurklokkie lui en skielik is daar gooiing sake met geskenke voor die deur ( jy reel met die bure). Daar kom ook ‘n brief van St Nicholaas waar hy aan elkeen ‘n gedig neergeskryf het. Die brief gaan oor jou geskenk en wat jy goed gedoen het die jaar. Ook is daar bietjie raad oor dinge waarop jy kan verbeter. Die Hietink gesin het my ooral ingesluit en ek het ook geskenke gekry – ‘n dagboek, CD van Marco Busato (huge hier) en ‘n pienk handdoek. My gedig het net mooi goed gesê o.a. “jy gaat je steeds meer als een Nederlandse gedragen en durf je met rok en al op de (heren)fiets te wagen. Met een brede interesse en een ondernemende geest maak je van jouw verblijf in Nederland zeke het meest. Ga dus maa lekker door met genieten.”

Die aand was baie spesiaal en ek is so dankbaar vir die famlietjie waarin ek is.


maandag, december 04, 2006

Nederlandse fiets

Ek het ontdek hoekom die Nederlanders so mooi regop op hulle fietse sit – dis spesiale nederlandse fietse. En ek dog my ou moutain bike is deftig. Toe nie. Die nederlandse fiets se stoel sit lekker hoog, jy het ‘n mooie klokkie, dynamo liggie en ingeboude remme (as jy jou pedale terugwaarts trap). Natuurlik het dit my ‘n paar valle en vergattende oomblikke gekos voor ek al die ‘gadgets’ uitgewerk het, maar nou is ek pure nederlands.

Ek het Rebecca by die skool gaan optel en agter op my fiets gelaai. Ook het ek Vrydag-aand die 20h00 Casino Royal film gaan sien in Zeist wat so 7km van ons af is te fiets.

Fliek toe gaan is ‘n OUTING vir die nederlanders. Jy moet bespreek anders betaal jy 10euro eerder as 4.50 euro. En daar is ‘n pouse op die spannendste deel. Wat ek die meeste geniet het was die feit dat almal hulle papiere ens na die tyd heel pligsgetrou in die asblik kom gooi het en dat my jas en serp nog netjies aan die kapstok gehang het toe ek uitgaan. Al die pad terug bedink ek ‘n BOND-lewe. Vol avontuur en glans. Ek hou van die nuwe BOND en daar was ‘n paar klassieke en lagwekkende oomblikke in die fliek.

Saterdag ontdek ek Utrecht weereens. Is op in die Domtoring en het die mooiste klokke en uitsigte gesien. Ook die klokspeler ontmoet wie die hele oggend Sinterklaas liedjies moes speel.

Sondag was besonders, want ek het baie leestyd gehad. Spontaan besluit ek toe om na ‘n GRATIS Bach Cantate uitvoering in die Geesteskerk, Utrecht te gaan bywoon. Jy kry ‘n papier met die hele Cantate se woorde en ook die slotkoraal se note. Aan die begin oefen die gehoor saam met die koor en orkes en siedaar aan die einde van die Cantate sing die gehoor die laaste koraal saam. FABULOUS.

Ek drink alleen wyn in ‘n kroeg, ek ry alleen trein of bus. Ek is van die skynde onbeskofte mense wat met oorfone in publieke vervoer sit. Maar dis fine vir nog 2 maande. Dan moet ek met my mede Nederlanders begin meng en gesels. Niemand vra my waarvandaan ek kom nie. Dus gaan ek maar vir hulle begin sê.

vrijdag, december 01, 2006

'n Perfekte dag

Ek noem dit ' 'n perfekte dag' want dis nie noodwendig 'die' perfekte dag nie- ekstroverties gevul met mense, parties en gesprekke- maar dit was 'n vol dag gevul met dinge wat my tevrede gestel het.

Ek was die oggend vroeg Baarn toe. So 10min van Bilthoven.



Ek het 'n spesiale trein kaartjie, Kortingskaart, omdat ek baie treinry. maar die is slegs geldig buite oggendspitstye. Met die dat ek my eerste gesprek met 'n treinkonditeur gehad het. gelukkig sit ek met 'n kaart op my skoot en vra 'ekskuus' in plaas van 'pardon'. ek is vergewe sonder 'n boete, maar moes by die volgende stasie uitklim en wag tot na 9h00 as spitstyd om is. Ek jok, ek was al voorheen voorgekeer toe ek onwetend in eersteklas sit i.p.v 2de.

In Baarn het ek 'n voorsmakie van 'n taalkursus gehad. Ons is 7 au pairs - van Poland, Yoguslawie, Swede ens. Ons sing liedjies en leer grammatika ens. ek sal by die gevorderde kursus inval. Sien baie uit. Daar is een Sweedse meisie, Sofia, met wie ek goeie vriendinne kan raak.
Ek is toe Hilversum toe - moderne dorp met selfs 'n Mac rekenaar shop. ek het 'n digitale kamera gekoop so berei julle voor op 'n visuele sensasie.

Ek was gistraand by 'n strykkwartet uitvoering by die Walter Maashuis. Dis 'n huiskonsert kamer en saam met die musikante was ek weer 40 jaar jonger as die gehoor. Hulle het Mendelsohn en Haydn gespeel. dit was fenominaal en heerlik om weer in 'n konsert te sit. Die groep se naam is Matangi kwartet. Het my sommer geinspireer om weer te komponeer en myself te verdiep in interpetasie.



Wat die dag so perfek afgerond het, was my laaste fietsry vanaf die konsert om 22h00, in die koue na my huis wat gerieflik 2 strate weg was. die hele dag was mistig en werklik vir die eerstekeer koud.
Ek voel tuis, tevrede en geinspireerd.