Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, december 04, 2006

Nederlandse fiets

Ek het ontdek hoekom die Nederlanders so mooi regop op hulle fietse sit – dis spesiale nederlandse fietse. En ek dog my ou moutain bike is deftig. Toe nie. Die nederlandse fiets se stoel sit lekker hoog, jy het ‘n mooie klokkie, dynamo liggie en ingeboude remme (as jy jou pedale terugwaarts trap). Natuurlik het dit my ‘n paar valle en vergattende oomblikke gekos voor ek al die ‘gadgets’ uitgewerk het, maar nou is ek pure nederlands.

Ek het Rebecca by die skool gaan optel en agter op my fiets gelaai. Ook het ek Vrydag-aand die 20h00 Casino Royal film gaan sien in Zeist wat so 7km van ons af is te fiets.

Fliek toe gaan is ‘n OUTING vir die nederlanders. Jy moet bespreek anders betaal jy 10euro eerder as 4.50 euro. En daar is ‘n pouse op die spannendste deel. Wat ek die meeste geniet het was die feit dat almal hulle papiere ens na die tyd heel pligsgetrou in die asblik kom gooi het en dat my jas en serp nog netjies aan die kapstok gehang het toe ek uitgaan. Al die pad terug bedink ek ‘n BOND-lewe. Vol avontuur en glans. Ek hou van die nuwe BOND en daar was ‘n paar klassieke en lagwekkende oomblikke in die fliek.

Saterdag ontdek ek Utrecht weereens. Is op in die Domtoring en het die mooiste klokke en uitsigte gesien. Ook die klokspeler ontmoet wie die hele oggend Sinterklaas liedjies moes speel.

Sondag was besonders, want ek het baie leestyd gehad. Spontaan besluit ek toe om na ‘n GRATIS Bach Cantate uitvoering in die Geesteskerk, Utrecht te gaan bywoon. Jy kry ‘n papier met die hele Cantate se woorde en ook die slotkoraal se note. Aan die begin oefen die gehoor saam met die koor en orkes en siedaar aan die einde van die Cantate sing die gehoor die laaste koraal saam. FABULOUS.

Ek drink alleen wyn in ‘n kroeg, ek ry alleen trein of bus. Ek is van die skynde onbeskofte mense wat met oorfone in publieke vervoer sit. Maar dis fine vir nog 2 maande. Dan moet ek met my mede Nederlanders begin meng en gesels. Niemand vra my waarvandaan ek kom nie. Dus gaan ek maar vir hulle begin sê.

1 opmerking:

Adam zei

Lieflik!

Ek is so bly ek het jou oorreed om 'n blog te begin. Dit verryk my lewe.

Daar is min dinge soos 'n Europese kersfees. Sneeu dit gewoonlik daar waar jy woon?