
Wag, daar is nog.
Have high aspirations, moderate expectations and less needs. -H. Stein

Wag, daar is nog.
Bonn se claim to fame is Beethoven en dit was ook my groot doel. Ek het n groot glimlag gegee toe ek weer my geliefde Weinacht markte sien. Die Beethoven huis is klein en eers aan die einde van die 12 kamer uitstalling eindig jy in die kamer waar hy gebore is en dus ook Bonn verlaat op ouderdom 14 dink ek. Maar, nie te min, die uitstalling en Beethoven versameling is indrukwekkend. Van sy haarlok, klavier, briewe, viool en gehoorstukke word daar uitgestal. Die kurator-assistant het teen die einde my aan die arm gevat en gevra – there is a concert in 10minutes. COME and attend. Die konsert was ‘n 3D voorstelling van Fidelio, Beetohoven se enigste opera. Jy moet funky 80s 3D brille opsit en dan speel die surround-sound. Daar is ook 4 pillare met monitors op wat die 4 karakters voorstel. Jy kan die monitors beweeg en so die karakters en hul klank beweeg deur die kamer. Was baie innoverend. Beethoven se invloed is onmeetbaar. In elke groot kultuurstad is ‘n standbeeld of huldeblyk aan hom. Ek koop my Deutsche Grammaphone Simf 9 met Jesse Norman en Domingo as soliste en die Weense orkes. Ek was nie lank in Bonn nie, want my neus het geloop en my hande afgevries. Maar ek vat my laaste Gluhwein sluk en is tevrede met my Duitse ervarings.

Ek kan indink dat hulle seker Frankfurt vergelyk met ‘n moderne stad. Skylines, ‘n kanaal, banke en ‘n dash of culture. Waarom Frankfurt – wel omdat ek wou sien waar die boekfair gehou word en al die groot Duitse banke is. Behalwe dat Goethe se huis hier is, weet ek nie noodwend
ig of jy Frankfurt ‘n kultuur historiese stad kan noem nie. Daar is die Romer distrik, wat tradisionele Duitse huisies het en die staats-operahuis. Ook pragtige brue en snaakse boomlanings.


Hier is die tipe kombuis wat ek eendag wil hê. Eenvoudig en hout.
Renier het by my die verwagting geskep dat Munchen die beste stad ooit is – sy tweede huis. (Oktoberfest miskien?) Vir my het dit ‘n rukkie gevat om Munchen se skoonheid en kultuur te verstaan. My mede treinreisiger (jong voetbalspeler wat dik nuwe mitologieboeke en Chinese skryfstyl boeke lees, en wat nog nie in Frankfurt was nie, maar wil na die Mexikaanse piramides gaan kyk) het gesê dat volgens hom die stad te min geld spandeer aa
n restorasiewerk. Hy dink Leipig is mooier. As jy by die stasie uitloop, en bietjie rondverdwaal is dit soos Pretoria middestad (oordrewe), maar stap bietjie na die middel en ‘n ryk Duiste juweel word gevind. Vir die eeste keer sien ek vrouens en mans in pelsjasse wat verby Veton, Gucci en Armani winkels stap. Munchen doen Kersfees baie meer stylvol as in Berlyn. Die Residenze was die paleis van Duiste keisers van die 13- 17 eeu. Dit het my laat terug dink aan die Schonbrunner schloss in Wenen. As jy my los in ‘n museum soos die raak ek heeltemal verstengel in ‘n fantasie/geskiedenis verhaal. Op die sosiale front het Munchen natuurlik ook verrassings opgelewer. Ek bly in die Meineger Hostel, 800m van die stasie en daar ontmoet ek vir Veronika (Asier meisie van North Carolina wat ‘n uitruilstudent in Madrid is. Sy doen Spaans, maar kan glad nie praat nie.) en Sonja (Suid-Koraan wat uitgaan met ‘n Duitser van Munster en Engelse literatuur in London swot – gebroke engels). Ons gesels heerlik en ons hoof tema is reise en alleen toer. Ek en Veronica gaan na die Duiste bierplek oorkant die straat. Daar land ons in die middle van ‘n spysenieringskool se kersparty. 
Munchen was vol dinge (oue kultuur en moderne kuns) en Renier ek sal graag weer saam met jou hierheen wil kom.

Al het Leipzig my ietwat teleurgestel as ‘n mooi ou stad, was ek geweldig emosioneel en in ekstase toe ek Mendelsohn en Bach se huise besoek het. Om ‘n groot gees soos Mendelsohn in te dink in so ‘n klein eenvoudige huisie was vir my aangryplik. Ek was die enigste toeris die dag. IS MENDELSOHN NIE VIR ALMAL BELANGRIK NIE!!!! Hy was ‘n groot famlieman en ‘n introverte musiekmeester. Leipzig se kulturele stempel het baie te danke aan kom. Ek was so aangegryp deur sy storie dat ek sommer sy kritici soos Wagner kon veroordeel – al is ek ook ‘n Wagner fan.
Dan loop jy verder en betree die BACH SPHEER. Ja jy voel die wonder in die atmosfeer. Die Thomas kerk waar hy koormeester was is net omvou in intieme wonder. Sy museum wat oorkant die kerk is, is baie interresant, maar dit mis OEMF. Vir ‘n groot gees soos Bach kon hulle maar wragtig ‘n bietjie meer moeite gedoen het. En ek verpes Duitse museums. Hulle het nie ‘n saak met internasionale toeriste nie. ‘n Engelse toeris kry ‘n afgerolde boek met al die beskrywings. Nog ‘n voordeel van alleen-toer is dat ek rustig deur museums kan stap. Ek lees en luister na alles. Ek kan ure net in ‘n kamer wandel en ek hoef glad nie te kommer om by iemand anders se pas by te bly of te akkomodeer nie.(Pappa, kom ons begin ‘n internasionale museum uitstalling besigheid – daar is ‘n behoefte)


Dit het begin met ‘n treinrit in ‘n kompartement met 5 SA ouens van Johannesburg. Hulle was oppad Praag toe. Hulle eet Sneeuballe (tipiese Duitse kers-lekker) en kla bietjie oor die ewige kersmarkte. Natuurlik lag hulle toe ek sê ek gaan juis Dresden toe omdat hulle die 800 bestaansjaar van die Dresden kersmark vier. Duidelik was hulle nie romatiese materiaal nie. 


stalletjies beman was met hippies – new age jongmense, dreadlocks, lapklere en kristalle. Net om die kultuur te sien voortleef in hulle as renaissance- innoveerders was vir my great. Ek het ‘n terra cotta gluhwein goblet as souvenir. In Dresden kry jy van kersmarkte tot kultuur en van Monet uitstallings tot Wetenskap uitstallings in ‘n ondergrondse tonnel. Oorweldigende stimulasie en absolute presier.

Ek ontmoet Fabian, Ewald se vriend op die stasie. Ek kon nie mooi onthou hoe hy lyk nie, maar ons het mekaar riglyne gegee. Hy het homself beskryf as iemand met ‘n effense baard en minder hare as wat ek hom laas gesien het. (duitser?) Ons ontmoet en dit was verseker ‘n great idée om my eerste stad en die groot Berlyn met ‘n local te doen.(Dankie
Ewald).Hy dra my tas al die pad na Baxpax hostel waar ek sou bly. Lekker sentraal in Frederickstrasse en baie skoon. Ons het dadelik die Gendamen markt gedoen en gluhwein en bradwurts gehad. Na my tweede kersmark besef ek dat daar ‘n standard resep/uitstalling sal wees dwarsdeur my Duitse toer. Kyk uit vir Nepalse musse, neute, hout kersversierings,bradwurts,kristalle en speelgoed.
Almal rave oor die argitektuur in Berlyn, maar ek moet sê ek het miskien te veel eksentrieke geboue verwag. Duitse argitektuur het ek ervaar as glas-behempt en klinies, maar tog baie mooi.












Ek sal verseker teruggaan en lank daar rondwandel.
Die Hietink grootouers is wonderlik. Dolly leer haarself Italiaans en sy en Reinco toer graag. Sy het self athrietis en osteoperose, maar niks hou haar terug nie. Ons het saam met die kinders Sondag 'n heerlike wandeling in een van die nabye woude gaan neem. Sy is 'n ouma so uit die boek - dis sjokolade mousse, letterkoekies, volle toegeruste speel-speel kombuisie vir die kinders. (ons moes elke oggend eers hulle ontbyt uit 'Alfreco' eet waaraan die dogtertjies die hele oggend gewerk het)
Ek moet nou elke aand vir die dogtertjies 'Slaap my kindjie' sing (ps. ek moet die regte woorde kry - ek maak my eie op tot sover). Dan eet die grootmense en ons gesels heerlik in Nederlands en drink franse wyn. Natuurlik hoor ek alles oor die Hietink gesin en ons praat ure oor die kinders.
Maar Brussels sien my verseker weer!!!!