Ek was Kersfees hier in die stamland en vertrek more weer na Kopenhagen. Ek het my Duitse memoirs op die blog gesit. Verskoon die yl fotos. Ek werk nog aan die angles.
Kersfees in Nederland was fantasties. Ek was die aand Utrecht toe en vir die wat nie weet nie, Utrecht is bekend vir hulle pragtige klokke in die Dom. Ons het die aand na die handklokspeler gekyk op 'n skerm in die Domhof, terwyl hy die klokkespel repetoir van 6 liedere laat weerklink oor Utrecht. Die handklokspeler lyk soos 'n orrel met stokke vir klavers. Die klokspeler slaan die dan en die klokke word gelui. Pragtig.

Wag, daar is nog.Van daar skuif ons na die Dom toring wat een met 'n brug aan die Dom verbind was, maar gedurende 'n aardbewing afgeskeur het. Ons is na die biskopkapel en daar is 'n uitvoering van antieke kersliedere gesing deur 'n tenoor en begeleid deur 'n bas lieter. Toe stap ons op na die solder en 13 klokluier in rooi hemde begin aan die 30 ton kloktoue hang en 'n ongelooflike weerklank versprei oor Utrecht. Hierdie is 'n tradisie wat hervat word na 300 jaar.

Toe ek uitstap 22h00 is daar 'n lang tou voor die Dom vir die Kersnag diens. Ek stap toe maar net oor en woon die diens by. Die diens is stampvol en ek sit op die trap. Maar die Domkoor sing Poulenc en daar is 'n vroue hoof dominie. Dit was fenominaal.
Vanoggend is ek na die Woudkapel hier naby vir die diens. Aaklige Zangkring gemeenskap koor wat 2 tone verskillend van die orrel sing, maar die predikant was great. Die middag is 'n regstreekse vertoning van RAAI WAT - Beethoven se Simf 9 in die Konklike konsertgebou in Amsterdam. Oe en ek weën, want die ervaring oorweldig my.
Prettige Kersfeest almal!


















Dan loop jy verder en betree die BACH SPHEER. Ja jy voel die wonder in die atmosfeer. Die Thomas kerk waar hy koormeester was is net omvou in intieme wonder. Sy museum wat oorkant die kerk is, is baie interresant, maar dit mis OEMF. Vir ‘n groot gees soos Bach kon hulle maar wragtig ‘n bietjie meer moeite gedoen het. En ek verpes Duitse museums. Hulle het nie ‘n saak met internasionale toeriste nie. ‘n Engelse toeris kry ‘n afgerolde boek met al die beskrywings. Nog ‘n voordeel van alleen-toer is dat ek rustig deur museums kan stap. Ek lees en luister na alles. Ek kan ure net in ‘n kamer wandel en ek hoef glad nie te kommer om by iemand anders se pas by te bly of te akkomodeer nie.(Pappa, kom ons begin ‘n internasionale museum uitstalling besigheid – daar is ‘n behoefte)






stalletjies beman was met hippies – new age jongmense, dreadlocks, lapklere en kristalle. Net om die kultuur te sien voortleef in hulle as renaissance- innoveerders was vir my great. Ek het ‘n terra cotta gluhwein goblet as souvenir. In Dresden kry jy van kersmarkte tot kultuur en van Monet uitstallings tot Wetenskap uitstallings in ‘n ondergrondse tonnel. Oorweldigende stimulasie en absolute presier.





Almal rave oor die argitektuur in Berlyn, maar ek moet sê ek het miskien te veel eksentrieke geboue verwag. Duitse argitektuur het ek ervaar as glas-behempt en klinies, maar tog baie mooi.









