Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

vrijdag, januari 05, 2007

Kopenhagen

Ek het 'n Engelse budget travel boekie by my hostel - Sleep in Heaven - gekry wat Kopenhagen beskryf as " a laid back self-assured place' en dit is so. Dis 'n wêreldstad sonder frille. Onthou ek reflekteer nou, nadat ek ook in Londen was. Kopenhagen is 'n droom in vergelyking met Londen.
Die stad is meestal een lang wandelpad (Stoget - die langste koopstraat in die wêreld). Dit is nie oorbevolk nie en geweldig toeriste vriendelik.



Standbeeld van oumensies

Eers bietjie oor Sleep in Heaven - nee nee, slaap in snorkvallei. Ek land in 'n kamer met 14 mense. Gelukkig word ek geplaas in 'n cubicle van 4 mense, waarvan 2 meisies van Malysië was. O, wee, onder daardie petite voorkoms rus 'n monster wat homself laat hoor in die nag. DRULLENDE SNORK geluide! Die hele kamer het rondgerol die hele nag a.g.v. die twee se snoesige slapie. Oor die algemeen is ek gemaklik tussen baie mense, maar toe ek van buite terug in die kamer kom na my oggend stort en die bedompige lug van 14 mense se aand-asems en persoonlike ruike tref jou, weet jy dat geselligheid stop by gesprekke rondom 'n tafel. Maar die hostel was vol internasionel jongmense en internet was gratis. Ek ontmoet ook 'n franse filosofie onderwyseres.

Kopenhagen het baie tuine versier met pragtige beelde en soms 'n kasteel of slot (koniklike woning). Dene se oggend-roetine is draf in die parke en dan werk in die skare sonlig van 10 - 4h, dan is dit donker.


H.C. Anderson (kinderboek skrywer)
Besienswaardighede is volop in Kopenhagen. Soos ek genoem het is beeldende kuns een van die Deense skatte, so ek was na die Calsberg Glyptotek museum toe. Dis 'n beelde paradys en jy loop deur skatte van antieke griekeland, Egypte en destydse Romeise Europa. O.a. sien ek The Kiss, wat my laat dink het aan die sceen in Pride and Prejudice (Janita en Gina, krul tone).

Wat ek nog nie genoem het nie is dat Kopenhagen die duurste plek op aarde is. Sommige museums is gratis, maar ander geweldig duur.

Ek het toevallig op die aller mooiste kerk afgekom - die Fredericks kirke. Dis oorkant die Amalienborg kasteel en is seker die hoofkerk van die koninklikes. As ek eendag kan, is dit die plek waar ek sou wou trou of begrawe word.mmm. Dis in 'n ronde struktuur en dus het dit nie onnodige lang loogang nie. Die banke is in 'n ronding gebou en oorgetrek met wynrooi kussings. Ek kan dit nie verduidelik nie, maar die plek is fenominaal.


Wat Kopenhagen ook so exciting gemaak het was die aand se vuurwerke by die Tivoli, die grootste amusement park in die middel van die stad. Dis amper soos Simf of Fire in Kaapstad.
Argitektuur gewys is Kopenhagen baie interessant, met vermenging van oud en nuut. Die Museum vir moderne kuns het 'n ou voorkant, maar moderne agterkant.

Hier is nog 'n paar kiekies. Kom na Kopenhagen.
Design Centre Moderne kuns gebou agter en voor

Rosenborg Slot








Geen opmerkingen: