Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

vrijdag, januari 05, 2007

Denemarke - vir rus en vrede

Denemarke was my inleiding tot Skandenavië. Ek was in Kopenhagen, Roskilde en Helsignor en my algemene afleiding is dat Denemarke die ultimate vakansie plek is as jy getap voel deur die moderne rat race en jy soek 'n wegkomkans - nie 'n drastiese afnip van realiteit nie, maar 'n tikkie stabiliteit/rustige ritme.

Dit was koud, maar nie so koud soos Duitsland vir my nie. Die mense lyk nie almal soos vikings nie, maar is wel effens langer as ons. Vir my is Deens is 'n taal vermeng met frans/duits/nederlands en engels. Hulle praat almal vlot engels met dieselfde aksent as in SA.Hulle sisteme is anders - in die sin van dat ek nie weet of dit intelligent of onprakties is nie. Soos bv hulle flieksitplekke word genommer van binne na buite, dus is 1 in die middel, 2 links van 1 en 3 regs van 1. Hulle straatnommers is dieselfde.

Wat ek wel LOVE van Denemarke is hulle sin vir meubel- ontwerp, ag en eintlike industriële ontwerp. Hulle ontwerpe is gebaseer op funksionaliteit vervolmaak deur eenvoudige ontwerp. Niks is eksentriek nie en niks is vervelig nie. Alles draai om INNOVASIE.

Denemarke is nie noodwendig klinies en skoon nie, maar daar is 'n nasionale trots wat gebou is op die SUPER mag van die Deense koniklikes. Ek sien geen aggressie of woede nie, jonges en oues leef rustig saam en Denemarke straal neutraliteit uit. Dis verseker veilig en gemaklik, maar ek dink wel 'n tikkie revolusie sal hulle goed doen (sê ek nou, die groot spreker?), shake the tree a bit.

Geen opmerkingen: