Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, april 16, 2007

Blomme, bote en fietse


Dit was 'n lieflike 26grade celcius naweek en die Nederlanders was op hulle fietse. Ons het water gaan soek en is toe na die mere naby ons. Die see is net te ver en ons het nie geld om op treine te klim nie. So, ons klim op ons fietse en is Loosdrecht toe en die volgende dag Huizen toe. Albei plekke is waar die Kase hulle bote stoor. Hier sien jy geen luukse waterfronte nie. Nee dit mag nie, alles moet natuurlik bly dus lyk die hawens maar kaal. Oe, maar oor die mere sien jy hordes wit seilbootjies rustig vaar. Idilies. Hier gaan alles rustig.

Dis wonderlik om te dink jy kan Nederland plat en deur fiets. Ons is deur die pragtige Laren en Blaricum en toe vanaf Huizen langs die meer na Bussem. Ek praat nou hier van maklik 'n 60km trippie. Die fietspaaie neem jou deur woude, woonbuurte, oop velde, boerderye en dorpies. Ek het lekker ge'tan' en die wit horlosiering om my arm het my net weereens laat besef hoe WIT Europa is.

Soos in Kaapstad is my doel hier om vriende te maak met bootmense. Ons moet gaan seil.

4 opmerkingen:

Adam zei

Ai Lize, jy lyk so gelukkig op jou nuwe fototjie. Ek is mal oor jou 'reisjoernaal'.

Doe zo voort...

Adam zei

Ek wens so jy wil soms kommentaar lewer op my kommentaar...

Ek het jou Leiden post geniet. Een van my mede bloggers woon tans daar. Besig om wiskunde te swot.

Gaan loer in by:

http://hieriewers.blogspot.com/

km zei

lize! ek herken jou skoene! dis die kaapstadse vigs-skoene!

paul zei

Hey Lize, dankie vir die boodskap. Jy kan maar vir jou vriendin sê Leiden is 'n baie lekker plek om te bly. Hier is ook 'n halfmaraton oor 'n paar weke (en 'n 10 km en 'n maraton).

Ek hou van die fotos wat jy post...