Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

zondag, april 15, 2007

Paastyd


Dit was 'n religieuse Paasfees vir my - erg Nederlands - intiem en onpretensieus.
Ek het in die Janskerk se kerkkoor gesing. Voor die besige Paastyd is daar ook 'n voorbereidingskamp gereël en dus kon ek gou al die koorlede beter leer ken. Ons was Schoorl toe, buite Alkmaar. Hier stap 'n paar op die stand.
Op die kamp word ek blootgestel aan die regte Nederlandse maniere - eet brood, kaas en sop. Ek was ook sommer met die eerste middagete aangewys om in die kombuis (keuken) te help opwas. Ja, Nederlandsers is gesellig, maar prakties. Die koortjie se gemiddelde ouderdom is 38 en ek is die jongste met 5 jaar. Soos koormense maar is, is ons 'n lekker diverse klomp geesdriftige siele.Werkloses,gays,onderwysers, staatswerkers, kunstenaars, toneelbouers,filosofie studente, spraakterapeute- en al die ander stereotipes. Hulle doen aan die begin intense ligaamsbeswussyn-oefeninge, daar word kerse in die middel van die kring gepak en almal kry 'n pak musiek. Ons gaan doen 'n wandelen in ons pouses en dan 'borrel' ons in die aand.(drankies, wat die dirigent aangewys is as kroegman)
Die volgende dag is ALMAL in dieselfde klere behalwe ek en die dirigent. Erg prakties sê ek jou.

Die Janskerk is 'n Eukomensiese gemeente wat beteken ons het Katolieke, Protestante en Evangeliste in die kerk. Hulle kombineer liturgie, simbole, liedere en feeste. Dus begin ons 'Goede week' met PALM -sondag. Dis die viering waat Jesus met Palmtakke toegejuig word en op die esel ry. Die gemeente kom almal in die voorkant van die kerk bymekaar en almal kry 'n palmtak waarmee die koor die gemeente dan inlei na hulle sitplekke. Die kinders maak ook dan Paasstokke wat hout gedekoreerde kruise is. Met elke diens staan die gemeente aan die einde in die koorgedeelte van die kerk (die verre agterkant waar die dominie en 'altaar/tabernakel' gewoonlik staan.) Ons staan in 'n kring en dan hou ons hande vas, sê 'n verkorte Onse Vader en dan kan mense voorentoe kom en gebede voorsê.

Die volgende dag in die Goede week is Witte Donderdag. Hier is dit Jesus se laaste ete met die disipels. Ons dominie kon nie nagmaal bedien nie, omdat hy getroud is en die katolieke sy van die kerk verbied dit. So in plaas van nagmaal kry almal 'n druppel nardus olie in die kring (as ons aan die einde in die koorgedeelte staan). jy sit die nardus olie aan jou pols, vryf die saam en dan kom die geur uit - Jesus, die geur van ons lewe. Dit alles word gedoen in salige stilte, waarby jy na die middel van die kring gaan en buk by 'n klein bakkie vol olie.

Goeie vrydag is die volgende en aan die einde gaan almal weg in stilte - na denke. Die hele diens deur lees verskeie gemeentelede verse, dan is daar 'n gedig, dan 'n solo instrument. baie intiem en oop.

Die Saterdag is daar die Middernag Paasnag diens. Stunning om middernag te sing hoor. Die aand is so intiem en ons word geraak deur 'n kragtige saksefoon solo wat een van die koorlede speel in die vleuels van die kerk. resoneer deur jou bene.
Ek moet by sê dat die kerk is in Utrecht en ek fiets 'n halfuur soontoe. Dus fiets ek ook 2h00 die Paasnag met 'n ander koorlid terug huis toe. Die volgende oggend sing ons weer in die Paas-oggend diens.
Dit was 'n stunning ervaring. En ek sluit die Pase af met 'n ete by een van die koorlede.

Hier is twee van die besondere liedere wat ons gesing het.

om Vrede
Veel te laat heb ik je lief gekregen
Schoonheid wat ben je oud wat ben je nieuw.
Binne in mij was je,ik was buiten
en ik zocht jou als een ziende blinde buiten mij,
en uit gestort als water liep ik van jouw weg
en liep verloren tussen zo veel schoonheid
die niet jij is.

Eerste stem
Eerste stem, Herder der Ziel, Gij, Enige, Ik zal er zijn,
ach, hoe is uw naam, Gij die ons schiep?
Hoor ons dan nu en roep ons weg,
uit chaos ellende en matheid,
raak onze veerkracht aan
raak onze veerkracht aan

1 opmerking:

anria zei

Lizetjie, jy hou net aan inspireer. Ek skryf vir jou 'n briefie...