Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, maart 19, 2007

Arnhem


Dis hier in Arnhem waar ek in 2001 besluit het om eendag terug te kom na Nederland. Die koorkompetisie het hier plaasgevind en ek onthou so goed hoe al die kore deur die strate geparadeer het as deel van die koorfees.
Om nou weer deur die strate was so aardig. Ek besef nou hoe ander ek dinge nou sien. Ons het so rondgeskarrel in die vreemde stad toe, en nou is ek al so gewoont aan die Nederlandse maniere, die vreemde strate, uitlegte en die belangrikste- hoe om myself te positioneer.

Hier kon ek weer voel dat ek effens meer volwasse is.
Koorvriende bring hierdie fotos herrinneringe? Die plein waar die opening was (dis eintlik 'n parkeerarea. die 'obvious choice' McD, die groot kerk waar Prof vd Sandt ons verduidelik hoe klokkespel werk. Mooi herrinneringe.

Wat ek nou van Arnhem maak, is dat dit baie soos wat ek San Fransisco voorstel. Ook hier is Nederland nie meer plat nie hoor. Net buite die sentrum is die woonbuurte en die groot Park Sonnebeek. Ek het amper die hele middag hierin rondgeloop. Dis ongelooflik om skielik uit 'n bos te kom en op 'n 'estate' kasteel af te kom.



Shakira was in Arnhem die dag, so baie kuierplekke het afterparties vir Shakira-fans gehad. Ek het belsuit om na die Filmhuis te gaan en het Babel daar gesien. Dit het die oscar vir beste film musiek gekry.

Arnhem, is nie meer vir my so 'charming' plekkie nie. Dis nou 'n rustige Nederlandse stad met kuns, kultuur en besighede. Ek mis skielik die 'eksentrieke'.

1 opmerking:

km zei

ja, ek onthou die koorkompetisie in arnhem.. daar was een of ander belaglike poppespel as deel van die openingseremonie op die plein. en ons het daardie onmoontlike nederlandse komposisie "L'appel" moes sing; die Prof het dit nooit weer daarna probeer nie. en toe kom ons mos tweede; al was daar nie'n eerste plek nie.

ek't saam met 7 ander in 'n 4 verdieping huis gebly; hugo en jarrod en eddie; kan nie onthou wie nog nie.. die gaste-moeder het elke oggend stapels vars warm brood opgedis. ek het baie nutella ge-eet daardie week. die foto's vertel dat dit my figuur nie goed gedoen het nie.

hhmm. vreemde dorp, ek moet erken.