Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

vrijdag, maart 09, 2007

Gouda


Dis hoe 'n klein tradisionele Nederlandse dorpie lyk. 'n Mark, 'n kerk, 'n gracht en fietse. Op 'n Donderdag en Saterdag is daar rondom die Stadshuis 'n boeremark. Kaas, vrugte, 'imports' en gebak. Vir baie mense is dit die enigste rede om Gouda toe te kom. Ook natuurlik die fenominale Janskerk met haar 37 loodglasvensters.

Maar ek dwaal graag tussen die huisies rond. Ek se dan na elke straatjie:'ek wil ook so huisie he, of in so straatjie woon'. Kyk net hoe oulik en knus. Het mense wat in so straatjie bly, nie net 'n ander perspektief op die lewe nie?

In watter tipe huisie sal ek eendag eindig?

2 opmerkingen:

Martie zei

Lize,
Ek hou somar baie van jou nuwe foto -
so onder deur die boog !
En Gouda kan dalk 'n baie groot oorweging wees om weer Holland te besoek - en saam met jou in die
straatjies te loop om vir jou 'n
huisie te soek !

Hessel zei

Hi Lize

Nou is die site in Hollands! Hoe de moer moet ek nou verstaan wat hier aangaan.....?

Bly om te sien jy geniet die beknopte huize so lekker daar aan die anderkant. Pub scene doen mens ook goed lyk dit my.

Anywayz....goed gaan