Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

vrijdag, maart 16, 2007

Haarlem

Ek wil omtrent in elke dorpie in Nederland bly. Daar is iets aanlokliks aan klein woonstraatjies met klein beknopte huisies met ‘n fiets geparkeer voor die deur.

Haarlem is ‘n pragtige stad. Dis grooter as Gouda, maar ek sal sê mooier. Ek loop altyd tussen die woonbuurte en kyk in mense se huise in (niemand het mos gordyne nie). Dis amazing om die standard eetkamertafel met ‘n laptop, koerant en vrugtebak te sien. Al die huisies in silverskoon en meestal so mooi gedekoreer. Ons het tussen die huisies – op klein ‘gemeenskaplike’ areas afgekom - sulke skielike pleintjies - dan sien jy kinders speel of die bure almal ontmoet in die klein pub op die hoek. James Morrison se treffer blêr ook vanuit ‘n jongen se kamer terwyl hy sy sondag ‘ spring cleaning’ doen.


Dit raak nou lente en bloeisels is ooral te sien. Die dae is helder en voëltjies sing kliphard.

Om die Grote kerk plein is daar lekker staatkafees en ons het vinnig om 6uur vir ‘n live jazz session gegaan in een van die pubs. Ek kry spaanse wyn en ons deel sommer ‘n tafel met ander ou Haarlemers. Ons was eers beskeie en soek ‘n privaat tafel, maar toe lag die locals en sê ons moet by hulle sit – hier is dinge mos gezellig.

Geen opmerkingen: