Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

maandag, februari 05, 2007

Die begin van die jaar

“Ek was besig met dinge” – dis hoekom ek so lanklaas geskryf het. En ek kan nie rêrig sê met wat alles nie, maar die tyd het net so vinnig gegaan. Ek voel wel of ek nou in ‘n roetine geval het.

Ek het Sondag ‘n potensiele kerktuiste vir my gevind. Dis die Jankerk in Utrecht, wat die studentegemeenskap is, maar met weinig studente. Hulle het wel ‘n mooi gebou, klein koortjie, speel met klavier en orrel, lekker gemeenskapgevoel en mooi liedere. Een van die liedere se woorde is soos volg:

Uit staat en stand en wijsheid losgewoeld.
Omgewaaird, ontwortelde plataan.
Toen heft hij licht onder zijn schors gevoeld,
Een vlaag van knoppen die op springen staan.

Uit jij en jou en woorden weggevlucht.
Ergens heengejaagd. Boomgrens voorbij.
Op adem komen in de dunne lucht,
Je eigen hartslag horen. Vogelvrij.

Uit eigen aard en huid naar iemand toe,
Onontkoombaar. En niet wonen meer
Tot ik Hem, Hij mij vinden zal, en hoe –
Een zee van dromen gaat in mij tekeer.

Met my en die familie gaan dit goed. Ons is al heel gewoont aan mekaar, en ek dink soms te gewoont. Ek probeer lekker dinge met die kinders doen soos om hulle na die SoestDuine te vat, wat ‘n duin landskap in die middle van nêrens is. Dit kort net die see dan is dit soos Kampsbaai. Ek was ook nou die dag na Dominique se groot viool konsertjie. Te oulik.

Ek was gister vir my tweede ski –les. Ek en Florence is in die beginnersklas, maar my instrukteur sê dit gaan al baie goed. Ons vertrek volgende week na Switzerland vir ‘n ski vakansie, met die dat ons na die binnemuurse Skiworld gegaan het om weer in die ritme te kom (of ritme te kry). Ski is vinnig en GLAD NIE SOOS FIETSRY OF YSSKAATS NIE. Hier is paar fotos van ons. Ek is in die sienmyraakgeel baadjie.

Die maand het ek my omgewing goed te fiets ontdek. Dis amazing dat ek so naby die groot stad bly, maar ook naby die boerderye. Ek wil baie graag ‘n naweek op ‘n plaas gaan help. (jip sal fotos hiervan stuur – vir giggles). Nederland is nou in winter, maar ons kry pragtige Pretoria wintersdae ook, waar die sonnetjie jou tog lekker op jou ruggie kan bak.

Op die sosiale front ontmoet ek elke naweek nuwe au pairs. Ons gaan saam na plekker, probeer bier, praat oor kinders en help met vakansiebeplanning. Ja ons ruil skoonmaakstories uit. Die geselskap is welkom en raad verseker ook.

Ek het al my aansoeke na die universiteite gestuur en sal in Mei finaal alles weet. Ek is al voorwaardelik aanvaar by Erasmus Universiteit, maar nou wag ek net vir befondsing. Ek stuur fotos van Nyenrode, die besigheids universiteit waarby ek aansoek doen. Sal maar sien. Ek is wel baie opgewonde om te begin.

Ek was sondag ook vir ‘n regte Nederlandse Sondagete by Marianne se familie in Zoetemeer. Kinders eet in die kombuis en die grootmense met franse wyn in die eetkamer. Dis ‘n plaasgemeenskap en die skoonbroer versamel blomme vir ‘n stokperdjie. Die hele agtertuin is sy skeppingsruimte en lyk my in Junie slaan die blomme jou asem weg. Die familie aanvaar my toe taal en ons gesels lekker oor hulle eie toertjies, die kinders se rapporte en Suid-Afrika. My nederlands kom aan en ek gaan volgende week begin met my 8 weke taalkursus. Hopelik is die volgende skryfstukke in Nederlands.

Ek mis wel my mense en ek voel tog maar soos ‘n uitlander. Dit sal weggaan sodra ek weer besig is om te toer, maar vir nou begin ek Februarie in heimwee. Ek hoor Japie en Lecia is nou in Kaapstad en ek sou dit net GELOVE het om saam met julle daar te kon wees.

Maar nou ja, my Switserse ski-ervaring wag en ek beplan aan Augustus se Frankryk en Belgie toer. Almal is welkom. Dis ek en Sune sover.

4 opmerkingen:

Margie zei

My wêreld Lize, is die wêreld nie klein nie?! Ek het op jou blog afgekom deur Adam se blog, wat ek nou al 'n geruime tyd lees. Net besluit om bietjie deur sy links te gaan en daar is die "Lize" toe jy!!

Klink of dit goed gaan met jou en die familie en of jy gebruik maak van elke geleentheid. Ek het ook au pair en kan my vereenselwig met jou ervaringe in terme van steeds soos 'n uitlander voel en die geselsies wat mens met ander au pairs uitruil. My au pair jaar was definitief 'n hoogte punt al het ek aan die begin bietjie out-of-place gevoel.

GENIET JOU TRIP!! Goed gaan! Liefde, Margaret

Adam zei

Whoaw! Freaky... I am much obliged...

Retha zei

Lize, uiteindelik! Jy't lank gevat om weer iets te post, maar dit gaan mos maar so. Moet jou se, die au pair stories klink vir my ook familiar. Baie sterkte daar, en veral met die heimwee. Skryf maar, dit help. Liefde, sommer baie daarvan- Retha PS Onthou ek sit op kraamverlof by die huis en is feitlik elke dag op email as jy wil praat!!

Hessel zei

Hi Lize

Cool om van jou te hoor! Soos bogenoemde persoon is ek nie pregnant nie.....en werk dus nog 8-5pm skofte.

Check my blog uit op http://superlives.blogspot.com as jy meer wil uitvind oor wat in my lewe gebeur.

Good stuff! Cheers