Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

zondag, februari 25, 2007

Switserland – die Rooi Kruis

Ek is terug van my eerste Europese ski vakansie en sit gepas met ‘n yspak op my linkerskouer. Laat die spanning opbou, ek sal later uitbrei.

Ek en Reinier het met die twee oudstes 11ure in die kar afgery Switserland toe, terwyl Marianne en Florence afgevlieg het. Ek was voorbereid met allerande karspeletjies om die 2 besig te hou, maar hulle was heel tevrede om net DVD’s te kyk. Ja, hulle het oulike skermpies wat jy dan aan die voorkopleunings vasmaak en dan koppel jy ‘n DVD speler en voila. Ons moes wel heeltyd saamluister, maar ek was tevrede om net Belgie, Luxenburg,Frankryk en Switserse landskappe te sien. Reinier se kar het ook ‘n TomTom navigasie program waar jy jou bestemming intik en hy gee jou die beste roetes, arriveertyd en verkeersinfo. Fantasties. Ek moes net ‘n foto neem om almal te wys hoe naby ek aan great stede was. Ek het ook op tye bestuur.

Ons slaap oor in ‘n B&B in Bulle. Hier is ‘n paar snaakse elemente in die B&B.








En my eerste oggenduitsig van Switserland.

Die doel van die vakansie was om die dogters te laat ski. Ons het in ‘n pragtige hotel apartment in Chateau D’Oex gebly. Die dorpie is naby Bern. Hulle het wel die minste sneeu in 30 jaar gehad en dus was niks rêrig onder ‘n ‘wit laken’ nie. Die uitsig was nogsteeds great.


En die hotel het ‘n swembad, Jacuzzi, Sauna en stoombad.

Ons het ski-skoenie,skies en stokke gehuur by Freddy Bach Sport. Ski skoene is baie moeilik om aan te trek en super ongemaklik ook.

Ons het ook dadelik ingeskryf by die Swis Ski Skool en ek is met die kabelkar op saam met Rebecca en Dominique. Ek was die oudste beginner en het ook natuurlik die meeste gesukkel. Die kleintjies het nie gewig om topspoed met die berg af te gaan nie. Ook is hulle vreesloos. Volwassenes ski vinnig van ‘n berg af en is VREKBANG. Ek was heel agter en het konstant my balans verloor en neergestort in die sneeu.

My instrukteur, wat ook die skoolbaas was en wat op my berugte dag 40 geword het, het my mooi gehelp, moed ingepraat en my bejammer. Hy sê: “ Lize, dis alles in jou kop”. Dit is so. En ek het ook besef dat skiing my kwesbare selfvertroue openbaar het. Ek het geval, gelag, opgestaan, weer geval en ingegee. Ek is na Florence (4) se beginnersskool toe en daar kon ek rustig by die ou klein ski-slope afgaan en my selfvertroue terugwen.

Maar die tweede laaste dag gaan ski ons familie in Gstaad en ek val weer op my skouer. Ek gee daar moed op. Ek trek die skies uit en stap die berg af. Mens voel oorwonne, maar ek besef ook ek gaan nie ‘n topspoed, adventure junkie, ski- wenner in een week word nie. Die volgende oggend is ek hospital toe met ‘n groot geswelde skouer en ek moes weereens my moed in my sak steek en vir ‘n naakbo-lyf xtrale sessie gaan. (Op hierdie stadium is my inhibisies by die deur uit, hoor). Alles in orde, net erge swelling tussen my skouer- en armbene wat bloedvate ook gekneus het. Iets soos Hematomia?

Wel, ek is terug met ‘n storie. Maar Switserland was GREAT. Die land is vir my kaas, vluweel hotelle, sjokolade,sneeu, berge, houthuise, pelsjasse en top skiers. Dit was fantasties en al drie die kinders kan nou ski. Ek het Switserland gesien.


2 opmerkingen:

Adam zei

Klink na helse fun!

My skouer is ok seer, mar ek het hom bloot verslaap... Hoop joune herstel gou.

Liefte,

A.

Adam zei

My skouer is nou beter, en joune?