Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

vrijdag, februari 09, 2007

Sneeu

Dit het begin sneeu en ek was in Laren, 'n mooi klein dorpie met 'n goeie moderne kunst museum. Sneeu en stilte gaan verseker saam. Gistraand het ek by die klavier gesit, wat pas gestem is, en ek het so ietsie gekomponeer. Een daar sms Richardt. Mooi telepaties.



Sneeuw
Het wit.
Onhoorbaar is
het wit.
Slechts wat getrippel
van vogelpoten
heel omzichtig
'n de bange
stilte van het
wit.

Onhoorbaar ligt
het wit in de
leeggeblazen ochtend.
Ik schrijf er
geen voetstappen
in.

Roland Jooris uit: Met gekleurde billen zou het gelukkiger leven zijn, 250 onvergetelijke gedichten met zorg verzameld door Jan van Coillie, Averbode1996 Tiba.

2 opmerkingen:

Martie zei

Lief "Witkappie" !

Mooi om te lees van die sneeu op en om jou en om te kan luister na daardie "anderste" stilte
en ek wens...

" Fairy snow, fairy snow,
Blowing, blowing everywhere
Would that I too could fly
lightly through the air
Like a wee crystal star
I should drift, I should blow "

Near, more near, .. to my dear Lize

GENIET !
Ouma

Retha zei

Uit my au pair dagboek 1997: Skuins na Middelfebruarie het ek by my kamervenster uitgekyk en onverwags in een van daardie oomblikke ingestap waar tyd vir 'n paar sekondes stadiger verloop en jy omring is deur stilte. Die SNEEU het met 'n hemelse vrede aarde toe gedryf en alles het vir 1 uur soet gelyk.