Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

vrijdag, november 24, 2006

Suzuki rondom 'n tafel

Ek was gistraand vir my eerste ouerkursus in die Suzuki - Talent Education metode. Dit was aangebied deur Johannes, Dominique se withaar, borrelende vioolmeester in sy huis in Utrecht. Hy het 'n lieflike regop woonstel met 'n musiek 'sentrum' bo. Ek was in 'n groep van 4 mammas wat almal voltydse ma's is (was advokate, ortopete en joernaliste). Johannes deel met ons sy 45 jaar kennis oor kindermusiek opleiding en 25jaar se ervaring van die Suzuki metode.
Die Japanese stigter, Suzuki het Japan se viool-onderrig verander met wêreldwye effek. Hy glo dat elke kind 'n talent kan ontwikkel.

"Every child can learn. It is not the goal of Suzuki education to produce concert artisit, but to produce happy, hardworking people with hightly developed abilities."

Ek lees dat kinders leer dinge sintuiglik en n.a.v. koordinasie van aktiwiteite. Dan ook moet kinders dinge globaal en analities insien. Ek wens ek kan die beginsel behoorlik verduidelik, maar ek het glad nie nou die tyd nie.

Al wat ek kan sê is dat ek weereens verstom is oor moeders se intense betrokkenheid by hulle kinders se ontwikkeling. Ek leer so baie en besef dat hierdie jaar as au pair my baie verrassings gaan bied.

Ook besef ek dat ek wel in Nederland sal wil bly in 'n huisie/woonstel soos Johannes.

1 opmerking:

Emanuelle zei
Deze reactie is verwijderd door een blogbeheerder.