Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

donderdag, november 23, 2006

Waar is ek nou



Ek is 'n au pair in Nederland by die Hietink Familie. (Reinier, Marianne & Rebecca (8), Dominique (6) en Florence (6)). Ek bly in 'n pragtige buurt genaamd Bilthoven wat deel is van De Bilt. Ons bly 15 min buite Utrecht in die middel van Nederland.


Dis herf in Nederland en die strate het almal geel,rooi en bruin blaardakkies. Daar is verskeie bosse in ons omgewing en ek ry graag Saterdae op my bergfiets daardeur. Henno het vir my 'n great 'Ipod'-dingetjie gegee waarmee ek heerlik na die Hilliard Ensemble ens kan luister terwyl ek jaag soos die wind deur die woude.

Op hierdie stadium doen ek huiswerk van 7- 9:30 dan is ek af tot 16h00. Ek verken dan. Was al in Baarn, Soest, Zeist, Den Dolder,Amsterdam, Amersfoort, Utrecht, Eindhoven, Den Bosch en Zoetemeer.

Die naweek gaan ons Belgie toe na Reinier se ouers wat bly buite Brussels. Ek sal later verder hieroor uitbrei.

Waarom au pair?
Want ek was lus om myself te verplaas, Nederland te ervaar, te sien hoe dit is om 'n 'moeder' te wees, te leer oor myself en moontlikhede van verdere studies te ondersoek. Ek is geweldig geseënd in waar ek is in my lewe. Ek is nog glad nie spyt nie.

1 opmerking:

Barbara Op 't Hof-de Wet zei

Hi Lize'tjie! Wonder net hoe dit met jou gaan en of jy in Holland nog lekker werk en bly. Daniel is op pad Boston toe op 6 Jule om 'n jazz workshop vir 5 weke by te woon. Amber verwag haar baba oor 6 weke. Ek vlieg van 5-12 Aug. na Bahrain om my eerste kleinkind te ontmoet.Jy moet tog mooi bly en pas jou goed op! Liefde, Tannie Barbara de Wet