Wat ek doen...

Met aanmoediging het ek hierdie blog begin. Vir julle en vir myself. Living Lize gaan oor my ervarings, nuwe wyshede en 'n stoorplek vir al my foto's. Dis interaktief so voel vry om kommentaar te lewer. Die blog sal verander soos die tyd verbygaan, maar vir nou is daar 'n paar stories, gedagtes en ek wil 'n waardevolle moederlysie vir myself maak - en vir die ander dames. Hardloop maar daardeur en vergewe my as ek te veel of te min sê. Ek sal nogsteeds persoonlike boodskappe stuur, maar Living Lize is nou offisieël my BLOG.

dinsdag, mei 29, 2007

Parys





Ek was al langer as 'n week gelede in Parys en nou moet ek nadink. Binne die eerste uur het Parys jou hart gestreel. Mens kry 'n sagte glimlag as jy vir die eerste keer deur die strate stap en die balkonnetjies sien en die franse gesprekke hoor. Dan besef jy opeens jy is nou in PARYS en jy spring op en af en lag hardop. Janita het my op Paris Nord ontmoet en wat so ongelooflik was, is dat ons vinnig gegroet het en opeens begin gesels asof ons mekaar gister laas gesien het. Sy het vir ons 'n oulik kamertjie gereël in die Latin Quater en ons kon onmiddelik verken. Sy was nou al 'n week in Parys en kon my gou op 'n loop verby die groot merke vat. Chat-chat al die pad, so sonder om vir mekaar te kyk, maar eerder in die lug kommentaar te lewer op alles wat ons sien. Dit was effens bewolk en ons het amper gedink ons gaan papnat op die Eiffeltoring moet oh-ah. Verrassing toe ons bo kom - oopgetrek en vars sonsondergang. Champanje-tyd!
Die landmerke in Parys is so imposant (kan ek dit so beskryf?). Die Arc de Triomf straal nasionale trots uit en die Eiffel ook. Jy kan dit net nie mis nie. En Parys lyk nes die geadverteerde Parys. Of dit op film, boek of plakaat was, Parys lyk so.
Om te toer saam met Janita was 'n fees. Sy is 'n lopende wikipedia. Wat ook lekker was is dat sy absoluut tyd neem om die detail te geniet. Ons het na al die detail op kerke en vensters gekyk en al die info-bordjies gelees. Janita het seker gemaak ek kry 'n goeie oorsig oor al die 'main attractions' en dan was daar sulke puur-Parisian oomblikke soos kaas en broodjies eet op 'n bankie in die Notre dame se skadu, croissants in
die oggend met sterk franse koffie waarmee ons hardloop verby die broodfees voor die Notre dame, straatkafeesittery, Rodin standbeelde betas ens.
Saterdag is ons Versailles toe - die grootste paleis in Europa. Ons 'audio tour' deur al die minaresse se kamers en hulle chill kamers ens. Ons kom eers later by die pragtige operahuis en kapel. Daar het 3 500 adellikes gebly in Versailles en met die was die paleis soos hulle dorp. Die kamers is gegoud en geskilderd en ge-oordoen. Adellikheid het hier sy definisie gekry. Maar die mooiste was die tuine met duisende fonteine. Ek kon myself daar sien rondloop vir nog baie lank. Maar die wyn het my en Janita geroep en ons was reg om te fantiseer oor ons koniklike never-neverland. Die Sondag is ons St Denis toe waar al die koninklikes begrawe is. Van paleis tot ondergrond. Ons laaste stop was Montmatre en die Sacre Coeur katedraal. Dis 'n wit moderne katedraal op 'n heuwel - vir die wat nie weet nie. Die interior is modern en amper 'Latin-American catholic' - soos goue harte met aortas ens op die beelde en helderkleurige mosaiekwerk. Montmatre is waar Picasso en Van Gogh ook inpirasie kom soek het - o.a. The moulin rouge. Die plek is wat Melville moes gewees het. Eksentriek! Daar is nog soveel wat ek kan vertel, maar miskien moet ek dit hier laat. Ek was so geinsprireerd met my treinrit terug dat ek my Europa-boekie van voor tot agter bestudeer het. waarheen volgende?

Gaan Parys toe - eendag!

1 opmerking:

Adam zei

Lieflike foto's! Ek beny jou...

Ek en 3s is besig met plannetjies in ons agterkop...