
Dis hier in Arnhem waar ek in 2001 besluit het om eendag terug te kom na Nederland. Die koorkompetisie het hier plaasgevind en ek onthou so goed hoe al die kore deur die strate geparadeer het as deel van die koorfees.
Om nou weer deur die strate was so aardig. Ek besef nou hoe ander ek dinge nou sien. Ons het so rondgeskarrel in die vreemde stad toe, en nou is ek al so gewoont aan die Nederlandse maniere, die vreemde strate, uitlegte en die belangrikste- hoe om myself te positioneer.
Hier kon ek weer voel dat ek effens meer volwasse is.
Koorvriende bring hierdie fotos herrinneringe? Die plein waar die opening was (dis eintlik 'n parkeerarea. die 'obvious choice' McD, die groot kerk waar Prof vd Sandt ons verduidelik hoe klokkespel werk. Mooi herrinneringe.

Wat ek nou van Arnhem maak, is dat dit baie soos wat ek San Fransisco voorstel. Ook hier is Nederland nie meer plat nie hoor. Net buite die sentrum is die woonbuurte en die groot Park Sonnebeek. Ek het amper die hele middag hierin rondgeloop. Dis ongelooflik om skielik uit 'n bos te kom en op 'n 'estate' kasteel af te kom.



Shakira was in Arnhem die dag, so baie kuierplekke het afterparties vir Shakira-fans gehad. Ek het belsuit om na die Filmhuis te gaan en het Babel daar gesien. Dit het die oscar vir beste film musiek gekry.

Arnhem, is nie meer vir my so 'charming' plekkie nie. Dis nou 'n rustige Nederlandse stad met kuns, kultuur en besighede. Ek mis skielik die 'eksentrieke'.