Sondag was ‘n heerike kontras op die abstrak-indulgence – ons vat ‘n Sondagoggend bus deur Suid-Limburg (die provinsietje). En hier voel ek onmiddelik soos ‘n hobbit tuis in The Shire van Lord of the Rings. Ek speel selfs die filmmusiek in my kop terwyl ons ry. Ja, hier lê Nederland se bergies – rollende weilandbergjes, koeie, klein huisies, skapies en dikke groen gras. Heerlike Sondagtrippie.


Dit was erg gezellig so met Louise en haar moeder in Maastricht. En ons is getreat – langs die water by master-chef restaurant geeët, gegiggel tussen die borrels, geluister na die Linburgse vloeidialek van mengsel tussen frans, duits en nederlands en net gevoel asof die lewe moet gebaseer word op lang etes.


Ons laaste ‘event’ was ‘n goeie komedie – Death at a Funeral. Skreeu-snaaks, een van daardie wat die trane laat rol. En toe is die lekkerkry klaargekry en ek ry my twee-uurtjies terug huis toe vir nog ‘n vol week van basiese huistake.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten