Intussen het ek 25 geword, vriende gemaak, Pirates of the Carribean baie geniet en ook 'As it is in heaven' as 'n verjaarsdag partytjie gehad. Ek het ook 'n nuwe toevoeging tot LIZE se CD versameling - BABEL!!!


In die lokaal langs die kweekhuis is daar 'n dam met Amazone waterlelies wat 40kg op hul blare kan dra. Die wit lelie pronk dan in die middel van die dam. Daar was ook onder die tema van gulsigheid 'n oester proewery. Jy moes self oesters oopsny met 'n mes - lang proses. Die museumtog vat jou deur die stad en al langs die pad loop jy verby uitbeeldings soos die lugborrel waarin jy kan klim en voel hoe dit voel 'to live in a bubble'.

Ons aand het geeindig in die Spoorwegmuseum waar Dorfmeister 'n drum and base party tussen die ou treine gehad het. Die hele aand was fenominaal en ek is so geinspireerd.

Museumnachte is deel van Kulturele Sondae wat elke stad reël in Nederland. BEVORDER DIE KUNSTE. Die internationale Straatfeeskopetisie het ook op Kulturele sondag plaasgeving in Utrecht.

Super innoverend! Dis wat ek wil doen en my pad hierheen is my Masters in business studies with specialisation in cultural industries by die Universiteit van Amsterdam. Ek begin 3 September klas loop. Hiephiephoe
2 opmerkingen:
Wow. Wow. Wow. Dis die mees oorspronklike idee waarvan ek in 'n lang tyd gehoor het!
Weereens jaloers...
Lize, jy lyk so MAER! Wat hebt'je aangevang, kind? Wil net bewys dat ek toe by jou Blog uitgekom het. Jy't seker op Daniel se Facebook gesien dat hy hom gate uit geniet in Boston. Hy's baie opgewonde omdat hulle ook New York en Broadway gaan besoek. Ai, maar julle kinders loop heerlik rond - ek's lekker jaloers!
Liefde
Ba XXXXXXXXXXXX
Een reactie posten