Natuurlik moes ek proviant saam neem, want ek het geweet hulle gaan heeltyd neul vir spookasem en allerlei soetgoed. Ek verbaas myself soms deur in 'n STRENG juf Rottenmeier te verander. Mens probeer so hard om jou fokus te hou, maar teen die einde smelt jou hart en jy laat 'snoepjes' maar toe. Saterdag, na vioolles is ons met die trein na NEMO in Amsterdam.
Dis 'n groot wetenskap musuem. Jullle sal my ook nie glo as ek jule vertel hoe bly ek raak as 'n museumrestarante 'n kiddies menu het nie. NEMO was perfek! Kinders kon binne 'n seepborrel staan, 'n 3D film kyk van hoe die menslike sel lyk, speel met magnete, elektriese ladings, met 'n verouderings program sien hoe jy gaan lyk as jy 'n ouma is, DNA speletjies speel ens. Daar was te veel om op te noem, maar weet dit, ek sal verseker teruggaan. 

Dis vir my so 'n voorreg om soveel tyd met kinders te spandeer. Eintlik herleef ek my eie kinderjare. Ek kan so goed onthou hoe dit voel om iets nie heeltemal te verstaan nie, of hoe groot die wêreld om jou lyk, of hoe moeg jou bene raak as jy saam met grootmense loop. Dit alles ervaar ek nou weer, maar as 'n aanskouer. Ek onthou dat my gedagtes so dik en vaag gevoel het toe ek klein was. En soos dinge vir jou sin maak, kom daar 'n 'lightbolb' oomblik. Fenominaal.